VK wil onwettige dierehandel in Ooste sluit

Vietnam en sy buurstate moet onwettige markte waar wildprodukte verkoop word, sluit en die stryd teen die onwettige handel in ivoor, renosterhoring en dele van tiere verskerp, het Britse omgewingsbewaarders Donderdag gesê.

Die beroep is tydens ‘n konferensie oor onwettige … Lees verder

Groep wil handel in renosterhoring gewettig hê

‘n Groep Suid-Afrikaanse renostertelers het die regering hof toe geneem om die plaaslike verbod op renosterhoringverkope opgehef te kry, het voorsitter van die groep Donderdag gesê.

Wettiging van horinghandel sal help om die bedreigde spesies te red, het die Private Lees verder

Valke-lid deel van stropersindikaat

‘n Lid van die Valke. ‘n grootwildjagter, ‘n prokureur, en vlieënier is onder die tien beskuldigdes wat Maandag in die landdroshof in Hatfield verskyn het op 318 aanklagte wat verband hou met renosterstropery.

Die tien staar ook klagtes van diefstal … Lees verder

Stropers ontsnap uit polisieaanhouding

renoster2Drie vermeende renosterstropers is oor die naweek in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem, het SANParke Maandag gesê.

Een persoon wat Saterdag vasgetrek is, het egter ontsnap, en Sondag het drie van die groep wat aangekeer is, weggekom.

Reynold Thakhuli, woordvoerder, … Lees verder

Renosterslagting duur voort

renosterhoringRenosterstropery in die Krugerwildtuin duur voort ondanks lug-en voetpatrollies, meer veldwagters en die ontplooiing van soldate in die gebiede.

Die departement van Omgewingsake het bekendgemaak dat 277 renosters reeds vanjaar gestroop is.

Teen dieselfde tyd verlede jaar, is 203 renosters … Lees verder

Ivoorsmokkelaar vas by OR Tambo

ivory‘n Chinese vrou is in die streekhof in Kemptonpark aan die Oos-Rand tot ‘n boete van R50.000 of drie jaar tronkstraf gevonnis nadat sy probeer het om ivoor deur Suid-Afrika na Hongkong te smokkel.

Sy is een van talle Asiese … Lees verder

Wildstroper kry 14 jaar vir twee swartrenosters

swartrenoster‘n Swart wildstroper wat in Januarie ‘n swartrenosterkoei en haar kalfie in die wildtuin doodgemaak en onthoring het, is Donderdag 14 jaar tronkstraf in die plaaslike streekhof opgelê.

Leonard Mhlongo (21) het die staat se werk aansienlik makliker gemaak deur … Lees verder

Mosambiek se stropers teiken Kruger

rhinorandOwerhede sê stropers uit Mosambiek is verantwoordelik vir grootskaalse stropery in die gebied.

Mosambiek word algemeen beskou as ‘n veilige hawe vir stropers. Die renosterhorings word gesmokkel uit die land deur Maputo,” sê Limpopo Nasionale Parke se Lees verder