Pukke kry hofbevel teen betogers

Die Universiteit van Noordwes het ‘n Hooggeregshofbevel verkry om die ontwrigting van akademiese bedrywighede op sy kampus op Potchefstroom te verbied.

Studente wat bande het met die EFF, en skoonmakers het Vrydag op die kampus betoog. Chaos het op die … Lees verder

Eksamens verloop vlot sê NWU

Eksamens by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom- en Vaaldriehoek-kampusse het reeds begin en verloop sover vlot.

Dit is volgens die universiteit se Louis Jacobs.

Die eksamens by hierdie twee kampusse het op 2 November aanvang geneem nadat dit aanvanklik met een … Lees verder

Pukke-raad sit glo oor rektor se termyn

Nuwe verwikkelinge rondom die termyn van die rektor van Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus, Herman van Schalkwyk, is vandag na verwagting op ‘n raadsvergadering in Potchefstroom ter sprake.

Voorsitter van die raad, Johan Kruger, sê hy wil hom nie uitlaat oor … Lees verder

Blonde slimkop se dood skok Pukke

Studente op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) was Maandag geskok na die skielike dood van ‘n blonde slimkop eerstejaarstudent aan breinvliesontsteking.

Prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, en prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, het hul medelye teenoor die … Lees verder

PUK se skorsing van SR-lid opgehef

Die Noordwes-Universiteit se visekanselier, Dan Kgwadi, is verantwoordelik om die Potchefstroom-kampus se studenteraadvoorsitter, Monica van Schalkwyk, se skorsing uit die Institusionele Verteenwoordigende Studenteraad (IVSR) op te hef.

Van Schalkwyk se prokureur, Werner Human, sê haar skorsing was onregmatig. Daar is … Lees verder

PUK: Huiskomiteelede van Hombré-manskoshuis ‘van hul pligte onthef’

Sewe huiskomiteelede van Hombré-manskoshuis is voorlopig van pligte onthef, berig die NWU-PUKKE se Facebookblad. Voortspruitend uit die ondersoek wat van stapel gestuur is ná die insident waartydens eerstejaarstudente van die Hombré Manskoshuis na bewering betrokke was in ʼn onderonsie met … Lees verder

Pukke betoog terwyl onweerswolke saampak om universiteit

Gister het ongeveer 3000 PUK-studente op die kampus betoog (blykbaar die eerste keer in die geskiedenis!) ten gunste van Afrikaans en nie-inmenging deur Beeld se Melville-linkses of die kommunistiese minister van hoër onderwys, Blade Nzimande.

Studente was versigtig om hul … Lees verder