Proteas blom met besige tydjie wat voorlê

Die Proteas het die eerste toets teen Wes-Indië op die vierde dag van die wedstryd wat in Trinidad gespeel is, in die sakkie toegeknoop. Die Wes-Indiërs is met 163 lopies met die kous oor die kop huis toe gestuur.

Dale … Lees verder

Bedorwe Proteas gee saggies oor

Sou daar ‘n wedstryd op St. George’s Park in Port Elizabeth wees, sal dit die kaptein betaam om te luister na kenners wat dié blad en die omstandighede ken, iemand soos, sê nou maar, Keppler Wessels. Hy het ‘n vrag … Lees verder

AB de Villiers kasty die Engelse

AB de VilliersSo omtrent twee jaar gelede, toe die gestryery oor sy aanwending op die hewigste was – was hy ‘n spesialiskolwer of ‘n kolwer/paaltjiewagter? – het AB de Villiers aangekondig dat hy nie weer die vangerhandskoene sal aantrek nie. Sy plan, … Lees verder

Krieket: SA vandale vernietig bal

Gister het Graeme Smith en Loots Bosman op ‘n nut vir die planke waarmee hulle op die veld verskyn het, afgekom: Hulle het dit gebruik om die balle wat die Engelse na hulle geboul het, weg te slaan. Smith het … Lees verder

SA boulers so venynig soos blommetjies

Die deeltydse krieketspelers uit die land van staatsgedrewe anoreksie het gister koeëlvas gelyk teen die beste wat die Protea-boulaanval in hulle rigting afgevuur het. Tatenda Taibu en Stuart Matsikenyeri het met groot sorgeloosheid 188 lopies van 193 balle gesloeg. Dit … Lees verder

Lydende Smith lei vergeefs en Proteas is uit toernooi

Graeme smith verlaat die veldDie Engelse krieketspan het gister op Supersportpark in Verwoerdburg ontwaak om die hoogaangeskrewe maar vormverlore Proteas uit die IRK se kampioenskapstoernooi te boender.

Andrew Strauss het die loot gewen en besluit om die Proteas se swakpunt, vir eens die boulaanval, … Lees verder

Halfpas-Proteas goed genoeg vir Swart Pette

Die Proteas het gister geen spiere verrek om die Nieu-Seelanders in Verwoerdburg te klop nie. Nogtans is hierdie nog nie ‘n span wat lyk of al die werkende dele in posisie geklik het nie. Tog is die tekens daar dat … Lees verder

Verwelk die krieketblommetjies al weer?

Ek en my maat Wim was daardie swart dag in 1999 persoonlik op Edgbaston in Birmingham, toe menere Klusener en Donald ‘n breinfloute beleef het en uitgehardloop is met die laaste bal van die Krieketwêreldbeker 1999. Ek kon sedertdien nog … Lees verder

Proteas tree aan teen Sri-Lanka

Die Internasionale Krieketraad se Kampioenskapstoernooi – inderwaarheid ‘n mini-Wêreldbekertoernooi – begin vandag op Supersportpark in Verwoerdburg. Suid-Afrika speel gasheer vir die mannetjies van Sri Lanka.

Hierdie kan ‘n ordentlike vuurwerkwedstryd wees. Sri Lanka is gelaai met kragspelers en slinksheid, met … Lees verder