Gill Marcus probeer walgooi teen negatiewe gradering

marcusDie president van die Reserwebank, Gill Marcus, het gewaarsku dat die land self verantwoordelik is vir sy ekonomiese probleme.

Die Financial Times het Marcus geprys dat sy “eerlik” oor die ekonomiese malaise is wat Afrika se mees ontwikkelde land teister.… Lees verder

Mynskagte gaan sluit na taakspan ontbind

Die regering se taakspan het onttrek uit kortstondige gesprekke om die platinumstaking by te lê, het mynmaatskappye aangekondig.

Die regering se taakspan het Maandag ontbind ondanks pleidooie dat hulle nie die handdoek moet ingooi nie.

Amplats, Implats en Lonmin sal … Lees verder

Vavi terug in sy pos na hofuitspraak

Zwelinzima Vavi, Cosatu se hoofsekretaris, sal Maandag terug wees op kantoor, nadat sy skorsing ongeldig en onwettig verklaar is.

Die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag beslis dat sy skorsing uit die vakbond nie geldig en wettig was nie.

Vavi … Lees verder

Numsa sluit by platinumstaking aan

Die twee maande lange staking in die platinumbedryf duur steeds voort nadat onderhandelings op ‘n dooie punt uitgeloop het.

Die stakende mynwerkers moes reeds vier miljard rand aan verlore inkomste opdok, terwyl mynmaatskappye al sowat nege miljard rand verloor het.… Lees verder