Trump se skoonseun steek bande met Soros weg

Jared Kushner, president Trump se skoonseun en senior adviseur, het die eienaarskap van ‘n eiendomsbelang wat verband hou met George Soros, volgens die Wall Street Journal nie bekend gemaak nie.

In sy openbaarmakingsvorm wat vroeër vanjaar geliasseer is, het Kushner … Lees verder

Israeliese komplot om Britse minister uit te haal

The Mail on Sunday het beeldmateriaal gepubliseer van ‘n senior Israeliese ambassadewerknemer wat planne smee om die adjunkminister van buitelandse sake in Brittanje uit te haal.

Die Israeliese man het aan ‘n verslaggewer van Al-Jazeera gesê: “Ek wil hom uithaal … Lees verder

Israeli president opgeneem na beroerte

Die voormalige Israelse eerste minister en president, Shimon Peres, is in die hospitaal opgneem ná ‘n ernstige beroerte.

Volgens berigte is hy aan ‘n asemhalingstoestel gekoppel.

Die 93-jarige langsdienende politieke figuur het vroeër vanjaar ‘n operasie ondergaan om ‘n pasaangeër … Lees verder

Aanval in Tel Aviv eis vier

Na Woensdagaand se dodelike aanval in Tel Aviv, het die Israeliese weermag Palestynse toegangspermitte na Israel opgeskort.

Die Israelse polisie het gesê twee gewapende mans was vir die klaarblyklike terreuraanval ­verantwoordelik.

Vier mense is ­Woensdagaand dood en talle gewond in … Lees verder

Trump stel sy besoek aan Israel af

Die handskoene is af in die stryd tussen ‘n Amerikaanse presidentskandidaat en Israel.

Politici in Israel het Woensdag hul regering gevra om Donald Trump, voorloper in die Republikeinse Party se benoemingstryd vir 2016 se presidentsverkiesing, die land te verbied.

“Ek … Lees verder

VN waarsku dat ‘katastrofe’ dreig in Israel

Die Verenigde Nasies het gewaarsku dat ‘n dodelike oplewing in geweld in die Wes-Oewer tussen Israeli’s en Palestyne tot ‘n “katastrofe” gaan lei.

In Washington, het die minister van Buitelandse Sake, John Kerry gesê die bloedvergieting “is nog ‘n aanduiding … Lees verder

Israel, Palestyne bots oor moskee

Lede van die Israelse veiligheidsmagte het slaags geraak met Palestyne tydens botsings in Jerusalem.

Geweld het uitgebreek tussen Palestynse betogers en die Israelse polisie, nadat owerhede beperkte toegang aan Moslemse aanbidders tot die al-Aqsa-moskee.

Dié moskee is in die ou … Lees verder

Oorlogsmisdadiger Blair kry skop onder die sitvlak

Die voormalige Britse eerste-minister Tony Blair, wat deesdae vir sy gruwelike menseregskendings en oorlogsmisdade onthou word, het bedank as die spesiale vredesgesant vir die Midde-Ooste.

Sy bedanking kom te midde van Anglo-Amerikaanse pogings om kernsamesprekings met Iran te voltrek tot … Lees verder

Wits tree op teen Hitler-liefhebber

Die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van die Witwatersrand, Professor Adam Habib, het gevra dat daar ondersoek ingestel word na die voorsitter van Wits se Studenteraad, Mcebo Dlamini.

Dlamini het die naweek in ‘n Facebook-inskrywing gesê hy is ‘n … Lees verder

Israel weier Nzimande visum om Afrika-studies te loods

Die Israelse regering het die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande se visum-aansoek om die Palestynse gebiede te besoek, geweier.

Hy was genooi deur sy Palestynse eweknie om die Sentrum vir Afrika-studies te loods, maar is gisteraand in kennis gestel … Lees verder

Bibi op ‘n mespunt

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu se beloftes om die skepping van ‘n Palestynse staat te keer, is ongewild by kiesers in sy land.

Hy het in ‘n laaste poging om steun te werf voor vandag se verkiesing gesê hy … Lees verder

Israelse premier maak geskiedenis in VSA

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het ‘n ­gesamentlike sessie van die Amerikaanse kongres Dinsdag in Washington, DC toegespreek om die VSA teen Iran se kernprogram te waarsku.

Die Huis van Verteenwoordigers se speaker, John Boehner, het ­Netanyahu genooi sonder … Lees verder

Palestynse terroris: ISIS = Apartheid

Die voormalige Palestynse terroris, Leila Khaled, het die bedrywighede van die militante groep, die Islamitiese Staat, skerp veroordeel.

Sy het gesê die dade van ISIS is vergelykbaar met dié van verregse Joodse setlaars en Sioniste wat apartheid en rassisme ondersteun … Lees verder

Israel se diplomatieke krisis verdiep

Verskeie diplomatieke krisisse het Woensdag saamgevloei om Israel se penarie te verdiep. ‘n Vergadering van die Geneefse Konvensie se ondertekenaars, ‘n beslissing van die EU se Hof van Justisie oor Hamas, ‘n EU-parlementsbesluit om Palestynse volkskap te erken, asook die … Lees verder