OUTA gaan SAL-kontrak met BnP Capital bekyk

Die burgerregte-organisasie OUTA beplan om ‘n ‘n hofbevel te bekom oor ‘n omstrede kontrak tussen die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die maatskappy BnP Capital.

Vroeër is berig dat die SAL nie die korrekte verkrygingsprosedures gevolg het met die aanstelling van BnP … Lees verder

Voorleggings oor alternatiewe e-tol-finansiering

RSG berig dat die Bondgenootskap teen Stedelike Tol Dinsdag voorleggings aan die parlementêre portefeuljekomitee oor vervoer sal doen, oor alternatiewe vir die finansiering van die e-tolstelsel.

Die Bondgenootskap is gevra om die komitee in te lig oor die moontlike gevolge … Lees verder

‘E-tol is en bly onwettige belasting’

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het die regering se nuwe e-tol bedeling verwerp. Volgens regskenners is e-tol ‘n onwettige vorm van belasting.

Die Bondgenootskap se woordvoerder, Wayne Duvenhage sê die aankondiging raak slegs ‘n paar padgebruikers en sal nie … Lees verder

Tolgeld 3 keer duurder vir Wes-Kaap as Gauteng

Motoriste­ in die Wes-Kaap sal drie keer meer tolgeld moet betaal as in Gauteng­ vir Sanral se beplande­ N1- en N2-Wynland-­tolprojek.

Die Kaapse stadsraad­ en Sanral se geding oor geheimhouding wat die tolprojek betref, is in die appèlhof­ in Bloemfontein … Lees verder

Antraks-skok by Sanral

masetolDie Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) moes sy hoofkantoor in Midrand Dinsdag ontruim  na na ‘n vermeende antraks-aanval.

Die Tshwane-eenheid vir gevaarlike stowwe (Hazmat) is na die toneel geroep nadat ‘n “verdagte koevert met ‘n wit stof ” op die perseel … Lees verder

Outa vra dat e-tol opgeskort word

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol, Outa het ‘n beroep op die Minister van Vervoer, Dipuo Peters, gedoen om die e-tolstelsel op te skort.

Outa sê die voortdurende verset deur die publiek om op te dok vir ‘n stelsel wat nie … Lees verder

Sanral begin 2014 met faktuur-ramp

etolDie Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral ) het die jaar begin met ‘n faktuurramp.

Die agentskap is die implementeerders van die omstrede e-tolstelsel wat op 3 Desember 2013 in Gauteng in werking getree het.

Padgebruikers wat die skyfies aangeskaf het in … Lees verder

Kamer van Koophandel steun e-tol

Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, Neren Rau, het sy lede gevra om met die e-tolstelsel saam te werk wanneer dit in werking gestel word.

Die Minister van Vervoer, Dipuo Peters, het vroeër die week … Lees verder

Outa verloor tol-appèl

etollDie Bondgenootskap teen Stedelike Tol, Outa, het sy teleurstelling uitgespreek met die uitspraak in die Bloemfonteinse Appèlhof waar sy laaste poging om die Gautengse e-tolstelsel te keer, van die hand gewys is.

Outa sê hy gaan die uitspraak bestudeer en … Lees verder

E-tol op pad na Zuma wet onderteken

President Jacob Zuma het die Vervoerwette en verwante aangeleenthede-wysigingswet onderteken – wat die weg berei vir die e-tolstelsel, het die presidensie Woensdag gesê.

“Die president… het, luidens artikel 84(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, die Vervoerwette … Lees verder