Skoor verwerp Gautengse verslae oor konsultante

Senior amptenare van die Gautengse Tesourie en Departement van Finansies is deur die provinsiale Staande Komitee oor Openbare Rekeninge die trekpas gegee en aangesê om meer aanvaarbare werk in te dien, het RSG berig.

Die amptenare is in die sop … Lees verder

R500m: Muvhango se tenderpreneur-families is eg!

In Suid-Afrika is die werklikheid altyd vreemder as fiksie. In die swart SAUK-sepie Muvhango baklei familielede oor frontmaatskappye en tenders wat hulle vir mekaar gaan toeken.

Nou blyk die “fiksie” eg te wees, want so pas het die ouditeur-generaal bekendgemaak … Lees verder

Skoor sal binnekort oor D-rekening verslag doen

Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, Skoor, in Noordwes sal aanstons bevindinge oor ‘n ondersoek na die mynrekening in die provinsie, bekend as die D-rekening, bekend maak.

Honderde miljoene rand is deur vier mynmaatskappye vir gemeenskapsontwikkeling inbetaal in die D-rekening.… Lees verder

Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad skuld Ontvanger miljoene

pansalbDie Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad skuld die Ontvanger van Inkomste R3.3 miljoen, hoofsaaklik aan lopende belasting (LBS) afgetrek van salarisse maar wat nie betaal is nie.

Die Taalraad wat veronderstel is om die gebruik van alle Suid-Afrikaanse amptelike tale te bevorder, skuld … Lees verder

‘Zuma het nie voordeel getrek uit opgraderings nie’

Die minister van Openbare Werke, Thulas Nxesi sê dit is nie waar dat die president eie voordeel getrek het uit die opgraderings nie.

Hy het gesê alle soewereine lande het ‘n plig om die land se verkose leier te beskerm.… Lees verder

Louis Trichardt-munisipaliteit ontvang ‘skokkende’ ouditverslag

‘n Ouditverslag oor die Makhado- plaaslike munisipaliteit wat verlede jaar deur die ouditeur-generaal aan die Limpopo-provinsie voorgelê is, is so pas deur die belastingbetalersvereniging van Louis Trichardt vrygestel.

Mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersunie het in ‘n verklaring die … Lees verder