Geweld en misdaad teister Muizenberg

Die polisie monitor die situasie in Capricorn naby Muizenberg in die Kaapse Skiereiland, nadat geweld weer daar opgevlam het.

Maandag het ‘n groep oproeriges winkels in die gebied geplunder en buitebande gebrand. ‘n Sestienjarige jeugdige is in hegtenis geneem op … Lees verder

TUT se onlusmakers wil eksamen kelder

Swart studentegroepe op die Soshanguve-kampus van die Tshwane Universiteit van Tegnologie sê hulle is gekant daarteen om hul eksamens wat vandag begin af te lê, omdat hulle weens die onrus nie daarvoor kon voorberei nie.

Maar die die groepe self … Lees verder

Swartes gooi klip op SunCity-pad

Twee polisievoertuie en vyf vragmotors is aan die brand gesteek en beskadig naby Brits in die Noordwes Donderdag en vandag ná gewelddadige optrede deur lede van die swart gemeenskap.

‘n Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê lede van die Majakaneng gemeenskap het … Lees verder

Rhodesbetogers brand geboue omdat eksamenkullery hokgeslaan word

Brande by twee eksamenlokale en die tennisklub aan die Rhodes Universiteit is geblus ná ‘n middag van geweld by die Grahamstadse instelling Woensdag.

Skokgranate en rubberkoeëls is gebruik om die oproeriges te laat bedaar.

Die brand het groot skade aan … Lees verder

Meer as 500 oproeriges sedert Februarie vas

Sedert Februarie is 560 onlusmakers in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings by universiteite.

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane het tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria sy kommer uitgespreek oor toenemende voorvalle van brandstigting en die gebruik van petrolbomme … Lees verder

Universiteite hervat, maar betogers dreig met geweld

Nog universiteite het besluit om weer te open nadat klasse by die Universiteit van die Witwatersrand hervat het, maar oproermakers dreig steeds met ontwrigting.

Die akademiese program by Wits sal Dinsdag voortgaan nadat studente in ‘n eletroniese meningsopname ná onlangse … Lees verder

Wits besluit om te heropen na peiling

Die Witwatersrand Universiteit se bestuur het besluit dat lesings Dinsdag sal hervat. Alle personeel sal Maandag terugkeer na die werk.

Bykomende private sekuriteit gaan op die kampus ontplooi word terwyl die polisie binne “die omtrek van die kampus” sal bly … Lees verder

SAMRK staan amokmakers van SUT by

Die 23 belhamels van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein wat in hegtenis geneem is tydens ‘n klasgeldprotes, is met ‘n waarskuwing vrygelaat, danksy ingryping van die SAMRK.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ingegryp op ‘n dringende grondslag om die … Lees verder

Studente-vandale van SUT voor

‘n Groep swart oproeriges van die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) se Bloemfontein-kampus sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met ‘n onwettige byeenkoms, openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê altesaam 13 mans en sewe … Lees verder

Twee kampusgeboue deur swart oproeriges in puin gelê

‘n Saal is by die Universiteit van Zoeloeland by Empangeni aan die KwaZulu-Natalse noordkus in ‘n brand vernietig terwyl onrus oor ‘n verhoging in klasgelde by verskeie universiteite voortgaan, het RSG berig.

Dit is nog nie duidelik wat die oorsaak … Lees verder

Polisie monitor steeds situasie in Langa

Die polisie het die situasie in Langa op die Kaapse Vlakte deur die nag gemonitor.

Dit volg na gewelddadige betogings in die gebied waarin die poskantoor aan die brand gesteek en winkels geplunder is.

Die polisie het 40 mense op … Lees verder

Twee Noordwes-skole afgebrand in verkiesingsgeweld

Sewe klaskamers by Setilo Sekondêre Skool by Mareetsane naby Mahikeng in Noordwes is aan die brand gesteek deur oproeriges.

Die skool is in ligte laaie gelaat nadat verkiesingsgeweld in die gebied opgevlam het. Die Graad 11 en 12 klaskamers is … Lees verder

Oproeriges in Riverlea Johannesburg gooi klip

Toegangsroetes na Riverlea in Johannesburg is gesluit na oproer wat glo oor elektrisiteitvoorsiening en behuising voorkom.

Mainreef- en Commandoweg in Riverlea is na openbare geweld gesluit en ‘n uitgebreide polisieteenwoordigheid is in die ontplooi.

Oproeriges bestook motoriste met klippe en … Lees verder

Eiffeltoring gesluit vir toeriste na openbare geweld

Die Franse owerhede het Maandag besluit om die toegang tot die Eiffeltoring te sluit ná ernstige onrus in die omgewing.

Die 0-1 nederlaag van die Franse sokkerspan teen Portugal in die finaal van die Euro2016-toernooi het tot die oproer by … Lees verder