Maclear-aanvallers nog op vrye voet

Vyf swart vermaande plaasmoordenaars in die Oos-Kaap is nog soek. Hulle het verlede maand ‘n plaaswerker op Rustig, ‘n plaas buite Maclear genader om te sê hulle wou ‘n paar beeste koop.

Nou, word ‘n moordsaak ondersoek deur die Queenstown-eenheid … Lees verder

SA: 56 miljoen siele

Daar woon na raming 56 miljoen siele in Suid-Afrika waarvan 51% vroulik is, volgens die halfjaarlikse berekeninge van Statistiek Suid-Afrika, en hulle sit nie stil nie.

Vir die tydperk 2011-2016, het ongeveer 247 437 mense gemigreer vanaf die Oos-Kaap uitwaarts, … Lees verder

Onluste oor gratis universiteite by vier kampusse in Oos-Kaap

Onluste oor eise vir gratis onderwys vir arm swart studente veroorsaak ontwrigting by vier universiteitskampusse in die Oos-Kaap.

Die bestuur van die Walter Sisulu Universiteit het ‘n hofinterdik aangevra om orde te probeer handhaaf tydens lesings, te verhoed dat eiendom … Lees verder

ANC-minister smeek Oos-Kaapse munisipaliteite om Eskom-betalings

Die ANC-minister van openbare ondernemings, Lynn Brown, smeek in ‘n onlangse verklaring munisipaliteite in die Oos-Kaap om Eskom te betaal. “Dit is onaanvaarbaar vir burgers om gedurende dié seisoen te ly,” sê sy. “Munisipaliteite moet verantwoordelikheid aanvaar en diegene met … Lees verder

Onderbesteding en growwe wanbestuur in onderwys

Noordwes Departement van Openbare Werke het met die bou van nuwe skole en klaskamer gesloer en veroorsaak dat die onderwysdepartement op sy onderwysinfrastruktuurtoelae onderbestee het.

Ander redes wat aangevoer is vir die vertraging van projekte, is dat twee groot projekte … Lees verder

Tweede kouefront sal binneland laat bibber

Die vroeë sneeu op die Drakensberg se pieke is ‘n moontlike aanduiding dat Suid-Afrika ‘n bitter koue winter kan ondervind.

Intussen sal ‘n tweede kouefront wat oor die binneland inbeweeg, vandeesweek sy verskyning maak.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die front … Lees verder

DA se etniese planne in PE ontbloot

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het bewerings ontken dat hulle Danny Jordaan in Port Elizabeth gekies het om bruin kiesers te lok.

Jordaan se aanwysing as burgemeester van die Nelson Mandelabaai metropool is verdoem as ‘n politieke taktiek om … Lees verder

Openbare geweld laat polisie bontstaan

Die polisie in Balfour in Mpumalanga is op hoë gereedheidsgrondslag geplaas nadat gewelddadige oproer vir ‘n derde agtereenvolgende dag in die Siyathemba-lokasie woed.

Inwoners dreig dat hulle na die munisipale kantore wil opruk om dit af te brand.

Oproeriges is … Lees verder

Beloning vir inligting oor Kamdeboo-stropers

Die Wilderness Foundation en die Forever Wild Rhino Protection Initiative bied ‘n R150 000 beloning aan vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van stropers wat betrokke is by die slagting van twee renosters by die … Lees verder

Winnie se eis op Qunu kry wind van voor

President Jacob Zuma het ‘n kennisgewing ingedien wat Winnie Madikizela-Mandela se beweerde aansoek teenstaan om inligting oor Mandela se grond te bekom.

Madikizela-Mandela wil toegang tot staatsdokumente kry wat inligting bevat oor oud-president Nelson Mandela se eiendom op Qunu in … Lees verder