Vrou van Tsjeggiese mafiabaas vas

Katerina Krejcirova, die vrou van die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir, is by die Palm Ridge-landdroshof in hegtenis geneem Vrydagoggend, in verband met ‘n gesteelde motor en ‘n bedrogskema.

Sy is reeds in haar land van oorsprong aangekla omdat sy saam … Lees verder

Teazers-eienaar se vermeende moordenaar voor

Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê dat hy nie dink dat die vermeende moordenaar George Louca sal slaag as hy om borgtog in die Kempton Park-landdroshof aansoek doen nie.

Louca, die verdagte in die moord op die eienaar van … Lees verder

DA se Kaapstad is misdaadnes

Kaapstad se beeld as Suid-Afrika se goedbestuurde, misdaad-vrye DA-paradys is ‘n goedkoop, leë verkoopsfoefie, waarskynlik betaal uit die sakke van dwelmbase en pedofiele.

In werklikheid is die stad besmet deur internasionale onderwêreldfigure wat instroom om hul twyfelagtige bedrywighede van … Lees verder

Krejcir: Intelligensie-beampte in hegtenis geneem

Vyf mense onder wie ‘n senior intelligensie-beampte wat moontlike bande met die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir het, verskyn vandag in die Alexandra-landdroshof, noord van Johannesburg.

Hulle staan tereg op verskeie aanklagte wat poging tot moord en regsverydeling insluit, het RSG … Lees verder

Tsjeggiese mafiabaas hoor oor borg

Die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir behoort vandag te weet of hy borgtog toegestaan gaan word of nie.

Die Suid-Gautengse hooggeregshof gaan na verwagting sy uitspraak lewer in ‘n dringende aansoek deur Krejcir se regspan om die hof se besluit om … Lees verder

Krejcir sê sy lewe is in gevaar

Die voortvlugtige sakeman Radovan Krejcir het gesê dit is walglik dat hy as ‘n mafiabaas, bose bendelid of ‘n onderwêreldfiguur uitgebeeld word.

Krejcir het Donderdagaand by sy prokureur se kantoor aan Eyewitness News ontken dat hy betrokke is by enige … Lees verder