SARK ruk op teen korrupsie

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke hou Woensdag optogte teen korrupsie landwyd.

Die SARK het lede van die publiek aangemoedig om ook hul ontevredenheid te lug.

Die raad sê kerke het ‘n morele verpligting om diegene wat skuldig bevind word aan … Lees verder

Kommer dat Cosatu-kongres tot geweld sal lei

Die president van Cosatu, Sidumo Dlamini het ‘n beroep op afgevaardigdes by die Spesiale Nasionale Kongres in Midrand gedoen onopgeloste kwessies met omsigtigheid te benader.

Die tweedaagse kongres het laat Maandagaand verdaag nadat die netelige kwessies van akkreditasie en die … Lees verder

Vavi voorspel nuwe vakbondfederasie vir SA

Die voormalige hoofsekretaris van Cosatu, Zwelenzima Vavi het ‘n nuwe vakbondfederasie vir Suid-Afrika voorspel.

Cosatu het die hofbeslissing verwelkom dat die metaalwerkersvakbond, Numsa nie aan die federasie se spesiale nasionale kongres aanstaande maand kan deelneem nie.

Vavi het met die … Lees verder

Dan Roodt: Vir Soliforum is Afrikaners die vyand – nes FW se NP

In die politiek en die geskiedenis is dit soms nodig om terug te tree en die groter prentjie raak te sien. Elke dag verloor Afrikaners in dié land veld: treetjie vir treetjie retireer ons en verloor universiteite, skole, werksgeleenthede, plaasgrond, … Lees verder

Sluipmoord ruk vakbondwese

Die Vervoerwerkersvakbond – Satawu – vermoed dat die skietdood van sy Gautengse sekretaris, Chris Nkosi, gisteraand, ‘n sluipmoordaanval was.

Nkosi, wat van die vakbond se kantore onderweg was huis toe, is by ‘n verkeerslig in Germiston aan die Oosrand doodgeskiet. … Lees verder

Vavi teen die toue

Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van Cosatu, gaan sy skorsing uit die vakbondfederasie beveg.

Cosatu se sentrale uitvoerende komitee het gisteraand vergader. Die komitee moes ‘n spesiale vergadering hou om te stem oor Vavi se toekoms.

Die skorsing is nog nie deur … Lees verder

Cosatu steier sonder Numsa

Die vakbondfederasie Cosatu, is op sy knieë te midde van gerugte dat die omstrede voorsitter, Zwelinzima Vavi, sy bedanking ingedien het.

Vroeër is ook berig dat Cosatu finansieel diep in die moeilikheid is en sekere bedrywighede sal moet sluit. Vavi … Lees verder

Numsa opmars na Staatsveiligheid oor ‘vals verslag’

Die metaalwerkersvakbond Numsa beplan om ‘n optog na die departement van staatsveiligheid se hoofkantoor in Pretoria te hou uit protes teen wat hulle noem ‘n “vals intelligensieverslag”.

Die minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo het egter die Inspekteur-Generaal van Intelligensie gevra … Lees verder

SAKP skrikkerig vir verlinkse Numsa

Toe die verlinkse vakbond Numsa by sy konferensie in Desember verlede jaar ‘n sosialistiese werkersparty belowe met verlinkse ideale, het hulle ondersteuning vanuit talle sosialiste uit die buiteland ontvang, maar nie van die SAKP nie.

Numsa is pas uit Cosatu … Lees verder

Geld begin praat in Cosatu

Cosatu sal meer as R1 miljoen per maand aan ledegeld moet inboet nadat die sentrale uitvoerende komitee besluit het om Numsa te skors.

Numsa se geraamde bydrae is R1 022 000 per maand uit ‘n affiliasiefooi van R2.92 wat elk … Lees verder

Cosatu moet geskille intern besleg sê ANC

Die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe het in Johannesburg aan die media gesê Cosatu behoort onderlinge geskille intern by te lê.

Hy het gesê die vakbondfederasie moet nie in die openbaar verskille probeer besleg nie.

Cosatu het Numsa die naweek … Lees verder

ANC-alliansie steier onder Numsa se skorsing

Cosatu se eenheid en die stabiliteit van die regerende alliansie is ‘n swaar slag toegedien na die uitsetting van Numsa, die vakbondfederasie se grootste vennoot.

Numsa is die naweek by ‘n vergadering van Cosatu se sentrale uitvoerende komitee uit die … Lees verder

Cosatu staar groter krisis in die gesig

Die vakbondfederasie Cosatu is in ‘n krisis gedompel nadat nege vakbonde wat by Cosatu geaffilieer is hul sentrale uitvoerende komitee as wetteloos bestempel het.

Die vakbonde het ‘n gesamentlike mediakonferensie gehou om die krisis wat voor die algemene verkiesing in … Lees verder

Numsa vra interdik om nie uit Cosatu geskors te word nie

Die politieke skaakspel in Cosatu gaan voort, nadat die staatsdiens-vakbond, Nehawu ‘n beroep op die vakbondfederasie gedoen het om die metaalwerkersvakbond, Numsa uit die federasie te skors.

Nehawu sê as Numsa nie goeie redes kan verskaf hoekom hy deel van … Lees verder