Oproer oor paaie het nie swart inwoners se dors geles nie

Die ernstige tekort aan water weens die erge droogte in die Noord-Kaap is nou inwoners van Van Zylsrus se grootste bekommernis en nie meer paaie nie.

Swartes van dié dorp het gister met lede van die Noord-Kaapse regering se uitvoerende … Lees verder

SA: 56 miljoen siele

Daar woon na raming 56 miljoen siele in Suid-Afrika waarvan 51% vroulik is, volgens die halfjaarlikse berekeninge van Statistiek Suid-Afrika, en hulle sit nie stil nie.

Vir die tydperk 2011-2016, het ongeveer 247 437 mense gemigreer vanaf die Oos-Kaap uitwaarts, … Lees verder

Kort en lang stembriewe

Die kortste stembriewe gaan in Buffalo City in die Oos-Kaap aan kiesers uitgedeel word, waar net 12 politieke partye deelneem.

Kiesers in die Mangaung Metro Munisipaliteit gaan die tweede kortste stembrief van alle metro munisipaliteite landwyd kry tydens die 2016 … Lees verder

Kimberley moet ligloop vir skelms wat ‘kragbespaarders’ smous

Die Sol Plaatje munisipaliteit in Kimberley het ‘n waarskuwing uitgereik oor mense wat hulle as munisipale amptenare voordoen en elektrisiteitsbesparings apparate verkoop.

Sol Plaatje woordvoerder Sello Matsie sê die verkopers van dié apparate, waarvan die toerusting nie een dieselfde is … Lees verder

ANC-grootkop gevonnis oor korrupsie

Vonnisoplegging teen die voormalige Noord-Kaapse ANC-grootkop, John Block begin na verwagting vandag in die Noord-Kaapse Hooggeregshof.

Regter Violet Phatsoane het tydens ‘n vroeëre verskyning beslis dat ‘n aansoek deur die batebeslagleggingseenheid eers afgehandel moet word voordat vonnisoplegging kan begin.

Block … Lees verder

Oorbesteding op hophuise in Noord-Kaap bekyk

Miljoene rande se oorbesteding aan die herstel van HOP-huise en doelwitte wat nie gehaal is nie, is van die probleme by die Noord-Kaapse departement van Menslike Nedersettings wat later vandeesmaand in die parlement gaan draai.

Die voorsitter van die parlement … Lees verder

Valke soek stropers wat witrenoster skiet

Die Valke in die Noord-Kaap ondersoek ‘n voorval waarin ‘n witrenoster by Kimberley doodgeskiet is.

Woordvoerder, Philani Nkwalase, sê die witrenosterkoei is in die regterskouer geskiet. Volgens hom is haar ontbinde karkas verlede Vrydagoggend op ‘n plaas buite die stad … Lees verder

Mantashe sê aanvalle is teen ANC, nie net Zuma nie

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, sê die onlangse aanvalle teen president Jacob Zuma is geloods as ‘n aanval op die party, eerder as teen net die president alleen.

Hy het by die opening van ‘n beraad in die … Lees verder

Speaker se man verskyn weer oor moorde

Die eggenoot van Nokhaya Mjila, die ontslape swart speaker van die Mgcawu-distriksmunisipaliteit in die Noord-Kaap, verskyn na verwagting vandag weer in die Kathu-landdroshof.

Thamsanqua Mjila staar vier aanklagte van moord in die gesig, asook klagte van aanranding met die doel … Lees verder

Speaker wat oor sy vrou ry se moordverhoor uitgestel

Die moordverhoor van die bruin speaker van die Kara Hais-munisipaliteit in Upington, Thomas Basson, is tot Vrydag uitgestel.

Basson het na bewering met sy voertuig oor sy vrou gery.

Hy is aanvanklik in hegtenis geneem op `n aanklag van strafbare … Lees verder

Honderde mynwerkers in Noord-Kaap gaan werke verloor

Honderde mynwerkers in die Noord-Kaap gaan hul werk verloor nadat drie myne besluit het om werkers af te dank.

Die myne in die Kathu-omgewing het hul werknemers in kennis gestel het dat hulle binnekort herstrukturering en moontlike afleggings oorweeg.

Adele … Lees verder

Nog ‘n trein ontspoor in die Noord-Kaap

Beamptes van Transnet se spoorvragafdeling is besig met opruimingswerk nadat ‘n goederetrein Sondag tussen Noupoort en Colesberg in die Noord-Kaap ontspoor het.

Transnet-woordvoerder, Mike Asefovitz, sê die trein met 29 waens wat motors vervoer het, het kort voor 14:00 ontspoor. … Lees verder

China het Port Nolloth-hawe in die oog

Die Hunan-provinsie in China gaan meer as 20 miljard rand in die Noord-Kaap belê.

Dit is aangekondig by die ondertekening van ‘n memorandum van verstandhouding in Kimberley. Die geleentheid is deel van die 2015 Vriendskapsweek tussen die twee provinsies.

Die … Lees verder