ANC slaan Gordhan- en bankvure dood

Die ANC-vroueliga het die “skielike belangstelling” uit verskeie oorde bevraagteken om die minister van Finansies, Pravin Gordhan te beskerm.

“As jy ‘n lid van die ANC is en tot verantwoording geroep word, moet jy net gaan en rekenskap gee, soos … Lees verder

Dlamini-Zuma oorweeg uittrede as AU-voorsitter

Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma oorweeg glo om uit te tree uit haar posisie as voorsitter van die Afrika-Unie Kommissie as haar eerste termyn in Julie vanjaar ten einde loop.

Op die vooraand van die naweek se beraad is Algerië minister … Lees verder

AU stuur gesondheidspersoneel na ebola-gebiede

Die voorsitter van die Afrika-Unie Kommissie, Nkosazana Dlamini-Zuma, sê verskeie lidlande het onderneem om gesondheidspersoneel na ebola-geteisterde gebiede te stuur.

Afrika-lande gaan meer as ‘n duisend gesondheidswerkers na Liberië, Sierra Leone en Guinee stuur wat die ergste deur die ebola-virus … Lees verder

Zim-verkiesing deur duisende waarnemers toegesak

zimsadcMinstens 20 000 plaaslike en buitelandse verkiesingswaarnemers sal vandag in verskeie gebiede in Zimbabwe ontplooi word in aanloop tot Woensdag se verkiesing.

Die land het meer as ses-komma-vier-miljoen geregistreerde kiesers, wat na verwagting hul kruisies sal trek om die beleërde … Lees verder

Dlamini-Zuma bespreek nuwe migrasiebeleid met Cosatu

Minister van binnelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, gaan Cosatu Dinsdag ontmoet om die ontwikkeling van ‘n nuwe migrasiebeleid te bespreek, het ‘n departementele woordvoerder Maandag aangekondig.

Die ontmoeting met Cosatu se sentrale uitvoerende komitee kom nadat die kabinet goedkeuring verleen het … Lees verder