Venda-bank wat Zuma-lening verskaf onder die soeklig

In ‘n eksklusiewe onderhoud op Power FM het die uitvoerende hoof VBS Mutual Bank, Andile Ramavhunga gesê die bank se lening president Zuma het groter belangstelling gewek as wat verwag is.

“Die publisiteit wat ons in die afgelope twee dae … Lees verder

Na Nkandla wag moeilike vrae oor kredietgraderings

President Jacob Zuma sal Dinsdag in die Nasionale Vergadering vrae van parlementslede beantwoord.

Dit volg ‘n dag nadat hy verklaar het dat hy die geld vir Nkandla gaan terugbetaal.

Die Grondwethof se beslissing dat Zuma byna agt miljoen rand moet … Lees verder

Zuma gaan lening aan vir Nkandla-skuld

President Jacob Zuma sal glo ‘n persoonlike lening aangaan om die R7,8 miljoen wat hy skuld vir Nkandla terug te betaal.

Die Openbare Beskermer het bevind dat hy die geld wat onregmatig uit die staatskas kom vir verbeterings aan sy … Lees verder

Tesourie: Zuma moet byna R8 miljoen opdok vir Nkandla

Die Tesourie se verslag rakende Nkandla is een stap nader aan die ontknoping van die sage.

Die Tesourie-verslag bepaal dat Zuma R7,8 miljoen moet terugbetaal vir opgraderings wat aan sy privaatwoning by Nkandla gedoen is.

Die verbeteringe wat geïdentifiseer is, … Lees verder

Miljarde verkwis met wapenaankope, maar Nkandla pla meer

Dat Suid-Afrikaners nie somme kan maak nie, raak al hoe duideliker.

Terwyl ‘n Duitse konsortium net €27,5 miljoen belê het in Suid-Afrika, maar krediet gekry vir €1,285 miljard, is die land se belaglike media besig om histeries te raak oor … Lees verder

Grondwethof beslis dat Zuma moet opdok vir Nkandla

President Jacob Zuma het tot middel Julie tyd om ‘n gedeelte van die geld wat op sy privaatwoning Nkandla in KwaZulu-Natal verkwis is, terug te betaal.

Die hoofregter van die Grondwethof, Mogoeng Mogoeng het Donderdag in sy uitspraak beslis dat … Lees verder

Grondwethof besluit vandag oor Nkandla

Die Grondwethof gaan vandag uitspraak lewer daaroor of Zuma ten minste ‘n gedeelte van die R246 miljoen wat Nkandla gekos het, uit sy eie sak moet betaal. Dit volg op ‘n aansoek voor dié hof wat meer as ‘n maand … Lees verder

Opposisie se verkiesingsfoefies lei tot niks

Die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma wat deur Mmusi Maimane, DA-leier, ingedien is, het min kans op sukses gehad.

Die ANC in die Nasionale Vergadering het Dinsdag bankvas agter hul leier gestaan, al was hy nie teenwoordig nie.… Lees verder

Suid-Afrikaners min gepla oor Nkandla

Minder as die helfte Suid-Afrikaanse volwassenes meen Nkandla is ‘n las op belastingbetalers, ten spyte van ‘n ongekende media-aanslag om hulle van die teendeel te oortuig.

In Oktober verlede jaar het Ipsos dié peiling gehou waarin 3617 mense geraadpleeg is … Lees verder

EFF gaan Nkandla-saak verder voer

Die EFF het die groen lig gekry om die Nkandla-saak verder te voer.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het volgens berigte reeds aangedui dat die grondwethof die EFF se saak op 9 Februarie volgende jaar sal aanhoor.

Die party het verlede maand … Lees verder

OB se mediakonferensie maak opslae

Die Openbare Beskermer hou vol dat daar geen regsgronde is vir die minister van Polisie se verslag oor veiligheidsopgraderings aan president Jacob Zuma se private woning nie.

Thuli Madonsela het by ‘n mediakonferensie gesê sy rig haar tot die parlement … Lees verder

Nog Nkandla-modder

‘n Groep joernaliste het weer president Jacob Zuma se woning op Nkandla besoek.

Hulle is selfs getrakteer op ‘n demonstrasie van swembadwater wat vuur kan blus, maar die jongste besoek kon blykbaar steeds nie politieke vure blus nie.

Die voorsitter … Lees verder

Reuse optog vir 19 Augustus beplan

‘n Reuse protesoptog, sogenaamd teen korrupsie, die grootste in die land se geskiedenis, word vir 19 Augustus beplan om saam te val met die adhoc-komitee oor Nkandla se voorlegging aan die Nasionale Vergadering.

‘n Alliansie van burgerregte-organisasies en vakbonde reël … Lees verder

Afrikaanse kerke onttrek aan ANC-vergadering

’n Groep voorste Afrikaanse kerke het hulle onttrek aan ’n beplande vergadering met die ANC omdat- wat hulle bestempel- as die morele ineenstorting van die regering ’n sinvolle gesprek onmoontlik maak.

Die NG Kerk, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika … Lees verder