Ondersoek teen Gerrie Nel geopen net drie dae voor hy na Afriforum is

Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag Shaun Abrahams het ‘n ondersoek gelas na Gerrie Nel en ander senior aanklaers net drie dae voor Nel bedank het om by Afriforum aan te sluit.

Abrahams het ‘n senior aanklaer in KwaZulu-Natal gevra … Lees verder

Valke oorhandig Gordhan-dossier aan NGV

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat ‘n dossier van die Valke ontvang is oor Pravin Gordhan, minister van finansies, se moontlike vervolging.

Die saak teen Gordhan is dus in die hande van adv. Shaun Abrahams, die nasionale vervolgingshoof, nadat die … Lees verder

Mbeki glo deur Kasrils en Britse spioene gesteun

Die Thabo Mbeki-bewind het doodluiters die Nasionale Vervolgingsgesag as ‘n politieke instrument teen Jacob Zuma gebruik, het Willie Hofmeyr in reaksie gesê op die DA se hersieningsaansoek om korrupsieklagtes teen die huidige president te bring.

In sy verklaring het Hofmeyr, … Lees verder

NGV het glo nie al Selebi-getuienis blootgelê nie

Die Nasionale Vervolgingsgesag is volgens berigte besig met ‘n interne ondersoek na die vervolging van die voormalige nasionale polisiekommissaris, Jackie Selebi.

Volgens die koerant The New Age het Selebi se familie en regspan ‘n klag gelê dat die vervolgingsgesag nie … Lees verder

Koste van privaatsorg moet verlaag word sê minister

gesondheidDie regering wil hê die koste van privaat-gesondheidsorg moet verlaag word om by te dra tot die sukses van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering.

Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi sê die privaat-gesondheidsorgbedryf is gekant teen verandering en wil hê mense … Lees verder