NERSA keur verhoging van byna 13% vir Eskom goed

Nersa, die nasionale elektrisiteitsreguleerder, het volgens ‘n verklaring van Eskom ‘n “gemiddelde prysverhoging van 12,69% vir 2015/16 toegestaan, wat opgemaak is uit die 8% jaarlikse verhoging in die oorspronklike MYPD 3-besluit en ‘n bykomende 4,69% soos toegelaat deur die inkomsteverwerkingsrekeningsmeganisme … Lees verder

IMF, landbou waarsku teen kragverhogings

Eskom sal moontlik nie hierdie jaar verdere tariefstygings aan al sy kliënte kan deurgee nie, na waarskuwings van die IMF en landbou.

Tydens die verhoor van die Nasionale Energieguleerder oor Eskom se voorgestelde tariefverhogings, het die kragreus gevra vir ‘n … Lees verder

Middelklas gaan betaal vir Eskom-gemors

Die Nasionale Energiereguleerder, NERSA, het vroeër aangekondig dat ‘n aankondiging oor Eskom se aansoek om ‘n tariefverhoging van 25 persent op 29 Junie verwag kan word.

Dawie Roodt, ‘n bekende ekonoom, sê Eskom se huidige krisis is grotendeels die gevolg … Lees verder

SA se gasinfrastuktuur gebrekkig sê rolspelers

‘n Voorlegging aan die Parlementêre portefeuljekomitee oor Energie het getoon dat ‘n gebrek aan infrastruktuur die verskaffing van gas vir huishoudelike en nywerheidsgebruik kniehalter.

Rolspelers in die gassektor, insluitende SASOL, PetroSA, NERSA en die Departement van Energie het die Parlementêre … Lees verder

Kragpryse nog nie uitgeklaar

EskomEskom het glo nog nie bepaal wat die tariefverhoging gaan wees wat verbruikers sal moet opdok nie.

Die elektrisiteitsreguleerder, NERSA, het vroeër die maand, op 9 Mei, ‘n verhoging goedgekeur.

Die aanbevole prysstyging is bo en behalwe die agt persent … Lees verder

Nersa beloof geen Eskom-verhogings nie

nersaDie Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika ( Nersa) kyk tans na Eskom se 2012/13-state om te bepaal of die werklike uitgawes waarvoor begroot is, oorskry is.

Nersa het egter aangedui dat geen tariefaanpassings op die kaarte is nie.

Nersa se reguleerder … Lees verder

Elektrisiteitspryse skiet die hoogte in

Elektrisiteitspryse vir huishoudings en sake-ondernemings gaan oor die volgende drie jaar verdubbel.

Die gemiddelde verhoging van 24,8% is Woensdag deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) aangekondig.

Eskom se verhoging sal vir 2010-2011 24,8%, 25,8% vir 2011-2012 en 25,9% vir 2012-2013 wees.… Lees verder