NASA-tuig Juno begin om Jupiter wentel

Die NASA-tuig Juno wat op 5 Augustus 2011 vertek het in Florida, VSA, het na sowat vyf jaar by Jupiter aangeland en om die gasplaneet begin wentel.

NASA sê hulle het ‘n sein van 719 miljoen km ver ontvang oor … Lees verder

JH du Toit: (Pers) lewe op Mars gevind

As daar nog enige twyfel was, of daar lewe op Mars is, is dit nou uit die weg geruim, so het NASA hierdie week bevestig. Ja inderdaad, lewe is op die diepste en donkerste krater op Mars gevind. Tot onlangs … Lees verder

Mars se water-ontdekking val saam met filmvrystelling

Dit wil voorkom asof die planeet Mars klein, vloeiende stroompies water het, minstens in die somer.

Dit is die bevinding van wetenskaplikes wat sê dit is ’n aanduiding dat lewe wel op die rooi planeet kan bestaan.

“Mars is nie … Lees verder

NASA-tuig doen verbyvlug van Pluto

Die New Horizons-ruimtetuig het ’n geskiedkundige verbyvlug van Pluto gedoen, het die Amerikaanse ruimteagentskap, NASA in ‘n verklaring gesê.

Die onbemande ruimtetuig, die grootte van ’n klavier, het teen ongeveer 31 000 myl per uur ongeveer 7 750 myl bokant … Lees verder

NASA ontdek 8 planete soos aarde

Sterrekundiges in Amerika sê hulle het agt planete ontdek wat soortgelyke eienskappe as die aarde het, het RSG berig.

Die planete is met NASA se Kepler-ruimteteleskoop waargeneem. Die planete het eienskappe soos rotsagtige grondgebied en oseane met water.

Een van … Lees verder

Amerikaanse militêre projek HAARP gesluit

haarp’n Amerikaanse militêre projek wat glo gedagtes kon beheer, die weer verander en satelliete afskakel, is gesluit.

Die projek is beëindig en die kompleks sal gesluit word, berig Metro.

Die High Frequency Active Auroral Research Program (HAARP) word vir die … Lees verder

Boublokke vir lewe in komeet gevind

Image
Komeet Wild 2, foto NASA

Wetenskaplikes het Maandag bekend gemaak dat aminosuurglisien, 'n fundamentele boublok van proteïne, vir die eerste keer in 'n komeet gevind is.

Mikroskopiese spore van glisien is ontdek in 'n monster van die stert van die

Lees verder

Ruimtemanne moet knyp

Die Internasionale Ruimtestasie, IRS,  se toilet het gebreek – en dít terwyl daar tans ’n rekordgetal van 13 ruimtevaarders aan boord is.

Hulle word nou genoodsaak om almal die “spaartoilet” aan die Russiese kant van die IRS of die ruimtetoilet … Lees verder