Immigrasie-beampte vas vir bedrog, dwelms

‘n Tweede klag van die onwettige besit van dagga is by die een van oortreding van die Immigrasiewet gevoeg in ‘n aanklag teen ‘n beampte van die Vioolsdrift-grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië.

Die verdagte is vroeër vandeesweek in hegtenis geneem … Lees verder

Ramaphosa, Media24 bring hulde aan kommunistiese Fidel Castro

Sowel Media24 as Cyril Ramaphosa, die ANC-politikus wat deur die Suid-Afrikaanse oligargie gesteun word om Zuma te vervang, het gister hulde aan die ontslape Kubaanse leier Fidel Castro gebring. News24, wat deesdae onder redaksie van die linkse Boerehater Adriaan Basson … Lees verder

Duitse diepsee-navorsingsboot ondersoek ‘opwelling’ aan Namibiese kus

Die Meteor, ‘n Duitse navorsingsboot wat onder meer in die diepsee langs die Namibies-Angolese kus watertoestande ondersoek, het Walvisbaai Maandag aangedoen.

Dr. Kerstin Jochumsen, hoofnavorser aan boord van die Meteor, het ‘n voorlegging gedoen oor die wetenskaplike sending waarmee die … Lees verder

Oproer tref Windhoek se kampus

Universiteit van Namibië het die eksamens wat Dinsdag moes begin, uitgestel nadat oproeriges amok gemaak het omdat hulle daarvan weerhou word om te skryf tensy hul studiegelde betaal word, het die Republikein berig.

Die registrateur, Sifiso Nyati, het vroeër aangedui … Lees verder

Daggavonds: Bestuurder voor

‘n Vragmotorbestuurder wat dagga ter waarde van R2 miljoen vervoer het en wat by die Nakop-grenspos in die Noord-Kaap in hegtenis geneem is, sal na verwagting vandag in die Upington Landdroshof verskyn.

Polisiewoordvoerder Sergio Kock sê die 35-jarige Gift Mangumta … Lees verder

PAP-eters geskiet, beroof

Lede van die Pan-Afrika Parlement eis beter veiligheidmaatreëls nadat `n vroue-parlementslid van Senegal Donderdag geskiet is tydens ‘n rooftog by die OR Tambo-lughawe.

Sy is na haar aankoms op die lughawe in Kempton Park in die heup geskiet.

Volgens bronne … Lees verder

VN-konvensie oor volksmoord glo nie terugwerkend

“Vergoeding” en “reparasie” is volgens die Duitse regering nie van toepassing op die geskiedkundige konteks van die volksmoord tussen 1904 en 1908 van die Ovaherero en Nama in Namibië nie.

Dit blyk uit die antwoord van ‘n woordvoerder van die … Lees verder

Namibiese hof knip SA hoenderbedryf se vlerke

Die aansoek deur Suid-Afrikaanse pluimveeprodusente teen die invoerbeperkings wat in Namibië ingestel is om die plaaslike bedryf te beskerm, het in Windhoek se hoërhof misluk.

‘n Namibiese regter het Vrydag beslis die aansoek van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging en vyf ander … Lees verder

Polisie brand los op San-jagters in Namibië

Die Namibiese polisie het op ‘n groepie Barakwena San in die westelike deel van die Zambezi-streek losgebrand terwyl hulle op ‘n oes-ekspedisie vir duiwelsklou was.

Die San het ‘n permit van die ministerie van die omgewing en toerisme om duiwelsklou … Lees verder

Geen Duitse geld vir Namibiese volksmoordnasate nie

Die nasate van slagoffers van die 1904 tot 1908 volksmoord kan nie enige verwagtinge koester dat groot bedrae geld aan hulle in reparasie uitbetaal sal word nie.

Die Duitse spesiale gesant vir die reparasie-dialoog tussen die twee lande, Ruprecht Polenz … Lees verder

Topdiplomaat in Namibië aangeval, sakeman vermoor

‘n Topdiplomaat is Woensdagaand in Swakopmund, Namibië aangeval en vir dood agtergelaat. In ‘n ander voorval is ‘n bekende sakeman doodgeskiet.

Merete Dyrud sou waarskynlik nie die aanval oorleef het as ‘n vryskutjoernalis, Linette Smit Russell, haar nie oor die … Lees verder

Bekende van Karasburg oorlede na huisaanval

‘n Bekende en geliefde inwoner van Karasburg, in die suide van Namibië, is in hospitaal in Suid-Afrika oorlede aan beserings wat hy gedurende ‘n gewapende roof opgedoen het.

Die 63-jarige mnr. Tillian Walters is op Afrikadag, 25 Mei deser, deur … Lees verder

VK-gesant na Namibië

Die Verenigde Koninkryk se minister belas met Afrika, James Duddridge, het dié week besoek aan Namibië gebring.

Duddridge is die ondersekretaris van buitelandse sake in die buitelandse sake en Statebondkantoor.

Voor hy in 2005 tot die politiek toegetree het, was … Lees verder

Angola kan nie meer buitelandse rekeninge betaal nie

Die Spaanse lugredery Iberia asook Air Namibia is van die rederye wat ernstig deur die valutakrisis in Angola geraak word.

Angola se sentrale bank beskik nie meer oor genoeg buitelandse reserwes om rekeninge te betaal nie.

Iberia sal vlugte tussen … Lees verder