Nedlac en Gigaba sal glo saam planne beraam om ekonomie te red

Die Nasionale Ekonmomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac, sê hy en die Minister van Finansies, Malusi Gigaba, het maatreëls bespreek wat ingestel sal word om ‘n verdere kredietafgradering te verhoed.

Dit volg op twee internasionale graderingsagentskappe se onlangse afgradering van Suid-Afrika … Lees verder

Kragtige aardbewing skud Suider-Afrika

‘n Kragtige aardbewing van 6,5 op die Richterskaal het ‘n yl bevolkte gebied in Botswana Maandagaand geskud. Geen sterftes is aangemeld nie.

Die skudding was sowat 230 kilometer noordwes van Gaborone en was op ‘n diepte van 29 kilometer. Die … Lees verder

Staat bied R1,1 miljard aan Marikana-slagoffers

Die regering het die families en die slagoffers van die Marikana-slagting net meer as R1,1 miljard in vergoeding aangebied, het die Parlement Woensdag gehoor.

Die betrokke komitee is ingelig oor die vordering van die implementering van die aanbevelings van die … Lees verder

Noordwes-premier mik vir myne

Die Premier van Noordwes Supra Mahumapelo sê dit is hoogtyd dat die grootste gedeelte van die provinsiale regering die myne vasvat om meer geld uit hulle te tap.

Hy sê om dit te bewerkstellig gaan ‘n konsepwet in die provinsiale … Lees verder

Zuma se 2017 staatsrede: Universiteite, grond, myne, water

President Jacob Zuma het is sy staatsrede gesê die regering sal kyk na die verhoging van die R122 000 huishoudelike inkomste drempel vir studente om Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) beurse te bekom.

Zuma het ook gesê dit sou “moeilik, … Lees verder

Mynbeserings, dodeliker as apartheid, styg

Beserings tydens mynongelukke het van meer as 2 600 tot meer as 3000 gestyg. Suid-Afrika is die tuiste van diepste myne ter wêreld waar werkers tot 4 km onder die oppervlak werk.

Die sterftesyfer wat deur mynongelukke in die land … Lees verder

DA werk saam met EFF wat eis dat Stem, eiendomsregte waai

Die EFF het Woensdag ‘n aantal eise gestel aan die ANC en die DA vir nouer samewerking. Dit blyk dat Julius Malema en Mmusi Maimane (foto bo) gemene grond gevind het.

Malema se party eis onder meer die uitgooi van … Lees verder

Mugabe konfiskeer diamantmyne

President Robert Mugabe van Zimbabwe het bekendgemaak dat sy regering van nou af in besit van alle diamante in die land sal wees, het RSG berig.

Dit volg ‘n week nadat die land se ministerie van mynwese opdrag aan mynmaatskappye … Lees verder

Brand by platinummyn eis vier

Vier mynwerkers is dood toe ’n ondergrondse brand in ’n platinummyn uitgebreek het, het die Impala-groep in ’n verklaring gesê.

Die brand het Vrydag in ’n myn naby Rustenburg ontstaan en die vier werkers is deur rook en dampe oorweldig … Lees verder

Goudmynloononderhandelinge bereik dooiepunt

Loononderhandelinge in die goudsektor het gister ’n dooiepunt bereik nadat die vakbonde Amcu en die NUM die jongste loonaanbod van die hand gewys het, het OFM berig.

Die geskil is na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys. … Lees verder

Minister vergader met mynbase na Glencore lisensie verloor

Die bestuur van Glencore is in die ANC se visier.

Die Departement van Minerale Hulpbronne het die seldsame stap Dinsdag geneem om die mynbou-lisensie van Glencore se Optimum-steenkoolmyn op te skort omdat hulle personeel glo sleg behandel.

Dit val saam … Lees verder

Oproer in Steelpoort by myne

Die Tubatse plaaslike munisipaliteit sê hy het berigte ontvang dat gewelddadige betogings in die gebied werksaamhede by myne in die Steelpoort-gebied ontwrig, het RSG berig.

‘n Munisipale woordvoerder, Thabiso Mokoena sê die mynwerkers kan nie werk toe gaan nie omdat … Lees verder

Ses wat myn wou besteel vasgevat

Ses persone is by Harmony se Kalgold-myn in Noordwes in hegtenis geneem op aanklag van sameswering om te steel.

Noordwes polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, het gesê lede van die Valke en die polisie se reaksie-eenheid het inligting oor die beplande diefstal … Lees verder

Aurora se direkteure voor vir bedrog

‘n Eis van R1,7 miljard teen die insolvente mynmaatskappy, Aurora Empowerment Systems gaan vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria voort.

Die likwadateurs hou onder andere vir oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, Zondwa Mandela en president Jacob Zuma se neef, … Lees verder