S&P waarsku dat nog afgradering kan kom

Suid-Afrika se kredietstatus kan tot selfs laer vlakke afgegradeer word indien die politieke onsekerheid voortduur.

Die onsekerheid is glo meegebring deur die onlangse afdanking van die voormalige Minister van Finansies, Pravin Gordan, en sal hervorming aan bande lê.

S&P Global … Lees verder

Oesskattings lyk rooskleurig vir 2017

Suid-Afrika sal na verwagting byna 80 persent meer mielies in die 2017-seisoen produseer as in die vorige seisoen.

Dit is aan die lig gebring deur die Oesskattingskomitee wat sy eerste produksieskatting vir somergewasse gedoen het.

Dit dui op ‘n verwagte … Lees verder

VN reël droogtekonferensie in Windhoek

Meer as 600 deelnemers word by die eerste Afrika Droogtekonferensie verwag wat vanaf 15 tot 19 Augustus in Windhoek sal plaasvind.

Die konferensie sal ’n tegniese sessie insluit waaraan kenners sal deelneem, gevolg deur ’n hoëvlaksessie waartydens ministers in Afrika … Lees verder

Werkers by Delareyville-meul maak amok

Die N14-roete tussen Delareyville en Vryburg in Noordwes is weer oop vir verkeer nadat dit Dinsdagaand weens oproer moes sluit.

Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die situasie is vanoggend kalm nadat die pad Dinsdag omstreeks 19:00 gesluit is weens stakende werknemers … Lees verder

Hawens maak gereed vir hoë graaninvoervolumes

Transnet het sy infrastruktuur by vyf hawens aangepas om voorsiening te maak vir die vervoer van ingevoerde graan, het RSG berig.

Die maatskappy het ook sy graanhanteringsvermoë in Kaapstad, Port Elizabeth, Oos-Londen en Durban verbeter.

GraanSA het vroeër gesê sowat … Lees verder

Trekker in diep modder maak boer se hart bly

‘n Mielieboer van Bultfontein in die Vrystaat is so dankbaar oor die welkome reën vandeesweek dat hy Maandag met blydskap in sy hart en ‘n hup in sy stap sy trekker, wat in sy nat landerye vasgeval het, uitgetrek het.… Lees verder

Vragmotors sal loop: Spoorweë kan nie verhoogde graaninvoer hanteer

Met die verval in spoorinfrasktuur ná 21 jaar van ANC-bewind, sal Suid-Afrika se voorgenome voedselinvoere per pad vervoer moet word. Die reusehoeveelhede graan wat R15 tot R20 miljard gaan kos, is nodig weens die droogte en “grondhervorming” wat tot ‘n … Lees verder

Droogte nog nie gebreek nie

Onlangse goeie reënval in droogtegeteisterde dele van die land het nog steeds nie die vlakke van damme en riviere na wense aangevul nie.

In die Vrystaat, Noordwes, Noord-Kaap en dele van Limpopo is die droogte nog nie gebreek nie.

Die … Lees verder

Mielieprys styg verder

Suid-Afrika se mielieprys het Maandag sy rekord opwaartse kurwe in 2016 voortgesit.

Te midde van toenemende kommer oor die droogte en die swak rand, raak die druk op voedselvoorsiening al hoe groter.

Die Maart-kontrak vir witmielies, swart landelike inwoners se … Lees verder

Droogte: SA moet mielies invoer

Die regering sê hy gaan meer as R2,3-miljard bestee om mielies in te voer.

Die SABC berig dit kom te midde van een van die ergste droogtes in die land in 23 jaar.

Suid-Afrika sal vir die eerste keer in … Lees verder

‘Historiese boere’ iets van die verlede sê Piet Kopdoek

Piet Croucamp het tydens die 69ste kongres van die Namibië Landbou-unie (NLU) dié naweek aan produsente gesê, “historiese boere” is iets van die verlede.

Die Namibiese vleisbedryf is glo in die moeilikheid. Volgens mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie … Lees verder

WGO spreek kommer uit oor glifosaat

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het onlangs bevind dat glifosaat moontlik kanker kan veroorsaak.

Glifosaat is die grootste onkruiddoder in Suid-Afrika. Ten minste 100 produkte bevat dié middel.

Ná die WGO se bevinding het miljoene mense oor ses kontinente, 56 lande en 452 … Lees verder

SA staar voedseltekorte in die gesig

Die Wêreld-voedselprogram sê Suidelike Afrika kan in die volgende maande voedseltekorte ondervind nadat die droogte in Suid-Afrika se mieliegordel, die oeste tot minder as 50 persent beperk het.

Die WVP sê Suid-Afrika se mielieoes is minstens `n derde minder as … Lees verder

Zim kan nie meer staatsamptenaarbonusse betaal nie

Zimbabwe gaan nie meer bonusse aan sy staatsamptenare betaal nie, weens die verswakkende ekonomie wat swaar getref word deur kontantvloeiprobleme en maatskappye wat sluit.

Die minister van Finansies, Patrick Chinamasa, sê die besluit om staatsamptenare se dertiende tjek te skrap, … Lees verder