Treine bots reg van voor buite Pretoria

Treindienste tussen Pretoria en Ga-Rankuwa is opgeskort ná die treinongeluk buite Pretoria waarin meer as honderd mense Maandagaand beseer is.

Twintig is glo in ‘n ernstige toestand. Die oorsaak van die ongeluk en hoe twee treine op dieselfde spoor kon … Lees verder

Treine by Stellenbosch gebrand

Metrorail in die Wes-Kaap sê hy het begin om strenger veiligheidsmaatreëls in te stel in ‘n poging om die vandalisme op treine hok te slaan.

Treine tussen Stellenbosch en Klapmuts in die Wes-Kaap kon Donderdagmiddag weens hernude brandstigting by Muldersvlei … Lees verder

Beloning uitgereik na treinverwoesting in Kaapstad

Pendelaars in Kaapstad kan vanoggend lang vertragings verwag nadat treinwaens die naweek by die Kaapstad-stasie aan die brand gesteek is.

Die skade beloop miljoene rand.

Volgens Metrorail se woordvoerder in die Wes-Kaap, Riana Scott, word vyf peronne geraak.

Metrorail in … Lees verder

Treine, N2 deur oproeriges ontwrig

Metrorail gaan vanoggend voort met ‘n afgeskaalde treindiens aan die Oosrand nadat treindienste in Springs, Nigel en Daveyton vroeër opgeskort is weens intimidasie en vandalisme.

Dit volg te midde van toenemende voorvalle waar pendelaars treindrywers en wagte intimideer.

Treinwaens is … Lees verder

Revolusie: 2 treine in Pretoria óók verbrand

Terwyl onrus en onluste op kampusse uitkring, met berigte dat die administrasiegebou van die Noordwes-universiteit se Mafikengkampus afgebrand is, is twee treine by die Pretoriastasie insgelyks aan die brand gesteek.

Metrorail het bevestig dat twee treine verbrand is, met ‘n … Lees verder

Petrolbomaanval op passierstrein in Kaapstad lei tot vertragings

‘n Petrolbomaanval op ‘n passasierstrein van die Kaapse Skiereiland by Muizenberg het gelei tot spoorvertragings.

‘n Woordvoerder van Kaapstad, Richard Bosman het bevestig dat die treinwaens aan die brand gesteek is.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Bosman sê … Lees verder

Sinjaalfout dalk oorsaak van jongste treinongeluk

Die soveelste treinongeluk, hierdie keer by die Booysens-stasie, suid van Johannesburg, kon dalk weens ‘n foutiewe sinjaal plaasgevind het.

Daar is 239 mense beseer in die jongste botsing. Die Gautengse regering het vroeër sy kommer uitgespreek oor gereelde treinongelukke.

In … Lees verder

Nuwe lokomotiewe in ontvangs geneem

Die minister van vervoer, Dipuo Peters het die tweede besending van vier lokomotiewe, wat deur Suid-Afrikaanse ingenieurs ontwerp en in Spanje gebou is, by die Kaapstadse hawe in ontvangs geneem.

Altesaam 70 lokomotiewe sal in die volgende paar jaar in … Lees verder

Kabinet gaan kragkrisis bespreek

Die Kabinet gaan na verwagting Woensdag vergader om die land se elektrisiteitkrisis te bespreek, het RSG berig.

Eskom het Vrydag fase drie van beurtkrag ingestel na probleme by drie steenkoolkragstasies.

Die elektrisiteitskrisis het gisteraand tot chaos in Durban gelei, waar … Lees verder

Kaapse treinstasies gesluit weens oproerige pendelaars

Metrorail moes inderhaas elf treinstasies tussen Philippi en Nyanga op die Kaapse Vlakte sluit weens oproerige pendelaars.

Intimidasie en geweld deur gefrustreerde reisigers is aangemeld nadat duisende gestrand is omdat vandale sinjaalkabels by ‘n sleutelkruising gesteel het.

Sowat 80 treine … Lees verder

Treine in Pretoria ontwrig

metrorailMetrorail het gewaarsku dat treindienste in Pretoria Donderdagoggend ontwrig sal wees nadat oorhoofse kabels by ‘n treinstasie beskadig is.

“Metrorail se dienste is erg ontwrig weens skade aan die oorhoofse kabels wat gelei het tot ‘n kragonderbreking tussen die Queenswood- … Lees verder

Treine, busse gratis na massagedenkdienste

ENB-stadion
ENB-stadion

Die parlement sal Maandag ‘n gesamentlike sitting hou, die grootste nog, ter ere van Nelson Mandela.

Verteenwoordigers van slle sektore van die samelewing is genooi om dit by te woon en sal om twee-uur begin. Die parlementshekke sal vanaf … Lees verder

Nou gaan Spoorwe? ook staak

Die twee vakunies verteenwoordig 10 000 werkers van die spoorwegmaatskappy. Volgens Utatu se algemene sekretaris, Chris de Vos, gaan twee miljoen pendelaars gestrand wees indien die staking sou voortgaan aangesien geen van die passasierstreine gaan loop nie.

In 'n gesamentlike

Lees verder

Die twee vakunies verteenwoordig 10 000 werkers van die spoorwegmaatskappy. Volgens Utatu se algemene sekretaris, Chris de Vos, gaan twee miljoen pendelaars gestrand wees indien die staking sou voortgaan aangesien geen van die passasierstreine gaan loop nie.

In 'n gesamentlike

Lees verder