Trump-vertrouelinge byt vas oor Britse spioenasie-aantygings

Trump-ondersteuners gaan nie die beskuldigings teen die VK los dat hulle vir voormalige president Barack Obama gespioeneer het nie.

Beskuldigings is na vore gebring deur Regter Andrew Napolitano asook deur die Withuis se woordvoerder, Sean Spicer. En nou het ‘n … Lees verder

Switserse kiesers stem vir meeluistering

Kiesers het ‘n wet wat die Switserse intelligensiediens die mag gee om private kommunikasie te monitor in die kuberruim, goedgekeur.

Hulle meen dit is nodig om terroriste-aanvalle te voorkom.

Kritici het gewaarsku teen arbitrêre toesig, maar hulle het ‘n duidelike … Lees verder

Twee Duitse joernaliste van hoogverraad aangekla

Duitsland ondersoek ‘n saak van hoogverraad teen ‘n nuuswebtuiste wat volgens berigte berig het oor planne om staatsmeeluistering van aanlyn-kommunikasie te verskerp.

Volgens die Duitse media is dit die eerste keer in meer as 50 jaar wat joernaliste van hoogverraad … Lees verder

Tribunaal raps Britte oor Marikana-onderskepping

‘n Tribunaal wat oor Britse instansies se bevoegdhede beslis, het bevind dat die Britse regering onregmatig opgetree het deur e-posse van die Regshulpsentrum rakende Marikana te onderskep.

Die regshulpsentrum het die onthulling as kommerwekkend beskryf. Die sentrum hanteer onder meer … Lees verder

Spioenasie-beskuldigings kan tot OB-skorsing lei

Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het gesê sy vermoed die motief vir die ondersoek na bewerings dat sy vir die CIA spioeneer, kan tot haar skorsing lei, het 702 se Eyewitness News berig.

“Ek dink die motief was om my te … Lees verder

Wie het toegang tot SA se deurtastende spioenasie?

Die “grootste lekkasie van geheime dokumente in demokratiese Suid-Afrika se geskiedenis” deur Al Jazeera bevat glo ‘n dokument wat deel is van die Suid-Afrikaanse spoke se Handboek van tegniese intelligensiebeleid en -prosedures.

Dié dokument is ‘n aansoekvorm wat agente in … Lees verder

Oud-Franse staatshoof Sarkozy van korrupsie aangekla

Die vorige president van Frankryk, Nicolas Sarkozy, is vir 15 uur aangehou as deel van ‘n ondersoek na die finansiering van sy vorige verkiesingsveldtog. Intussen het die nuus dat hy formeel van korrupsie aangekla is, via ‘n twiet van Agence … Lees verder

SAUK bang hul fone word deur intelligensie afgeluister

Die SAUK se joernaliste is glo bang hul selfone word deur die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) afgeluister, het die Mail & Guardian Vrydag berig.

Die voorsitter van die Uitsaaiwese, elektroniese, media, en verwante werkersunie, Bemawu, Hannes du Buisson het aan die … Lees verder

Snowden vrees vir sy lewe na openbare doodsdreigemente

Edward Snowden se Russiese regsverteenwoordiger het Dinsdag gesê die voortvlugtige Amerikaner vrees vir sy lewe.

Openbare doodsdreigemente is onlangs deur ongeïdentifiseerde Pentagon-beamptes gemaak.

Volgens die asielsoeker se regsverteenwoordiger Anatoly Kucherena word Snowden deurentyd deur veiligheidswagte vergesel en oorweeg hy maatreëls … Lees verder

Brasilië en Duitsland snoer kragte saam teen Amerikaanse spioenasie

UN-GENERAL ASSEMBLY-SYRIA-SECURITY COUNCILBrasilië en Duitsland het Donderdag kragte saamgesnoer om ‘n VN-Resolusie wat die reg van privaatheid op die Internet beskerm, deur te voer.

Dié twee lande het die voortou geneem in die eerste groot internasionale poging om die Amerikaanse National Security Lees verder

Polisie het joernaliste ‘onwettig afgeluister’

Die polisie het ‘n ondersoek voltooi na misdaadintelligensiebeamptes wat aan die onwettige meeluistering van twee Sunday Times-joernaliste se telefone, asook die voormalige polisiehoof, Bheki Cele, deelgeneem het, berig die koerant.

DIe voormalige baasspioen in Kwazulu-Natal, maj.gen. Deena Moodley en die … Lees verder

VSA kan alles en almal aanlyn sien!

xkeyscore“Big Brother Amerika sien aanlyn, sonder toestemming, feitlik alles van almal. Met die program X-Keyscore bly daar weinig wat daar op die internet gebeur wat vir die Amerikaanse geheime diens verborge bly.

Dit blyk uitLees verder