Begrotingsyfers laat ekonome verward

Die kans op belastingsverligting vir besighede en individue volgende Februarie lyk bitter skraal.

Dit is volgens ekonoom André Mellet en volg nadat die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, Woensdagmiddag in die parlement sy aansuiweringsbegroting ter tafel gelê het.

Volgens Mellet … Lees verder

Wêreldbank weier om Hitachi-tender te ondersoek

Die Wêreldbank het Dinsdag verklaar dat daar geen verdere ondersoek sal wees na die omstrede­ Hitachi-tender nie.

Die Japannese maatskappy Hitachi Power Europe het glo geld aan Chancellor House betaal in ruil vir politieke invloed in die toekenning van staatskontrakte.… Lees verder

Hitachi beboet vir Medupi-korrupsie

Die Japanse maatskappy, Hitachi, sal ‘n skikkingsbedrag van $19 miljoen Amerikaanse dollar betaal nadat onbehoorlike betalings aan die lig gekom het.

Dit hou verband met kontrakte vir die multi-miljard randse Medupi-kragaanleg.

Dié maatskappy het geld aan ‘n frontmaatskappy met ANC-bande … Lees verder

Grootskaalse brandstigting in Marapong by Medupi

Chaos het Maandagaand in Marapong naby die Medupi kragstasie in Lephalale uitgebreek, het RSG berig.

‘n Groep swart oproeriges, wat vermoedelik voormalige werkers by die Medupi kragstasie is, het tot grootskaalse brandstigting oorgegaan.

Die oproermakers het sowat 20 busse, ‘n … Lees verder

Grafte skielik onder Medupi ontdek

‘n Tweede impakstudie by Eskom se Medupi-kragstasie in Ellisras (Lephalale), Limpopo het gelei tot die ontdekking van verskeie swart grafte, het eNCA berig.

Die onafhanklike assessering wat deur Mbofho Consulting gedoen is, het ‘n totaal van 20 “erfenisplekke”, wat sewe … Lees verder

Eskom ontken dat Medupi al R300 miljard kos

Konstruksie van die Medupikragstasie by Ellisras (Lephalale) in Limpopo, sal na verwagting teen 2019 voltooi wees, en sal ten minste R105 miljard kos, het Eskom Sondag gesê.

“Daar is berigte dat die projek R300 miljard sal kos … ons weet … Lees verder

Groot polisieteenwoordigheid na skietery by Medupi

Die polisie moes in groot getalle by die Marapong-lokasie in Ellisras (Lephalale) in Limpopo ontplooi word na ‘n skietvoorval.

Lede van die polisie se taktiese-reaksie-eenheid en ander polisiebeamptes patrolleer tans die gebied.

Twee konstruksiewerkers van Eskom se Medupi-kragstasie is gewond … Lees verder

Beurtkrag vir die volgende drie jaar met SA

Beurtkrag gaan vir die volgende drie jaar ‘n werklikheid in Suid-Afrika wees, het die minister van Openbare Ondernemings gewaarsku.

Lynne Brown het vroeër gesê Suid-Afrikaners sal moet saamleef met voortdurende kragonderbrekings.

Volgens die minister sal instandhouding by Eenheid Een van … Lees verder

Inwoners eis dat plaaslike werkers by Medupi aangestel word

Lokasiebewoners by Ellisras (Lephalale) in Limpopo het ‘n beroep op die Wetgewer gedoen om te sorg dat plaaslike inwoners by die Medupi en Matimba-kragaanlegte aangestel word.

Hulle beskuldig buitelanders ook van ‘n prysoorlog teen plaaslike kleinsake-handelaars.

Hulle het sterk beswaar … Lees verder

Eskom-agterstand glo weens onbehoorlike tenders

Chancellor House, die ANC se beleggingsmaatskappy, het kort voor die algemene verkiesing verlede jaar R50 miljoen in hul sakke gesteek toe hulle aandele verkoop het in ‘n maatskappy wat groot kontrakte bekom het van Eskom en aan die staat behoort, … Lees verder

Medupi-werkers staak lustig voort na hofbevel

Konstruksiemaatskappye wat betrokke is by die bou van die Medupi-aanleg op Ellisras (Lephalale) in Limpopo stuur steeds teksboodskappe aan werkers waarin hulle aangesê word om terug te keer werk toe.

Kontrakteurs en Eskom het verlede week ‘n hofbevel bekom wat … Lees verder

Geweld breek weer by Medupi uit

Geweld het uitgebreek tussen die polisie en stakende konstruksiewerkers van die Medupi-kragaanleg op Ellisras (Lephalale) in Limpopo, het RSG berig.

Pantservoertuie en waterkanonne is ook ingebring. Dit volg nadat polisie en werkers slaags geraak het by hostelle in die Marapong-township … Lees verder

Medupi-stakers terug werk toe met netwerk onder groter druk

Die Nasionale Mynwerkersunie, Numsa, sê geskorste werknemers van die Medupi-kragstasie in Ellisras (Lephalale) sal na verwagting môre terugkeer werk toe. Dié aankondiging kom te midde van groot druk op die kragleweringsnetwerk.

Eskom het Woensdagaand fase-drie beurtkrag ingestel, en sê die … Lees verder