Zim stel nuwe verbod op betogings in

Die Zimbabwiese polisie het ’n nuwe verbod op betogings in die hoofstad, Harare, ingestel, het die staatsmedia berig.

Die aankondiging is gedoen net ure nadat ’n koalisie van opposisiepartye aangekondig het dat hulle Saterdag massabetogings landwyd sal hou, het AFP … Lees verder

Zuma by SAOG-vergadering oor minerale

President Jacob Zuma sal die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se buitengewone beraad oor nywerheidsontwikkeling vandag in Harare in Zimbabwe saam met ander streeksleiers bywoon.

Suid-Afrika se ministers van Internasionale Betrekkinge, Handel en Nywerheid, en Finansies sal die president vergesel.

Die beraad volg … Lees verder

MDC veroordeel Mugabe se rassisme teen wittes

Zimbabawe se amptelike opposisie, Movement for Democratic Change het president Robert Mugabe se uitlatings oor wit boere tydens sy 91ste verjaardagviering as kras en rassisties bestempel.

Partyleier, Morgan Tsvangirai het Mugabe se dreigement om plase te vat wat nog aan … Lees verder

Valke-hoof geskors oor onwettige deportasies

Anwar Dramat, hoof van die Valke, is geskors oor bewerings dat hy betrokke was by die onwettige deportasie van Zimbabwiërs.

Plaaslike media berig dat ‘n swartman onwettig aan die Zimbabwiese polisie oorhandig is wat daarvan verdink word dat hulle hom … Lees verder

Zuma nie na Bob se inhuldiging nie

President Jacob Zuma sal nie teenwoordig wees by Robert Mugabe se inhuldiging nie.

Adjunkpresident, Kgalema Motlanthe verteenwoordig Suid-Afrika vandag by die plegtigheid in Zimbabwe.

Hy word van die Minister van Internasionale Betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane vergesel. Bykans 40 huidige en voormalige … Lees verder

MDC-ondersteuners aangeval

Zimbabwe se MDC beskuldig ondersteuners van Zanu-PF daarvan dat hulle 42 families in Harare aangeval het.

‘n Woordvoerder van die MDC, Douglas Mwonzora sê die families is uit hulle woonstelle uitgesit en dat hulle skuiling gesoek het by die party … Lees verder

Botswana vra vir Zim-verkiesingsoudit

Botswana sê hy gaan leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap probeer oorreed om die verkiesingsuitslae in Zimbabwe te laat oudit.

Dié land se minister van Buitelandse Sake, Phandu Skelemani het in Gaberone gesê Botswana bevraagteken die regverdigheid van die verkiesing.

Skelemani … Lees verder

MDC ‘staan nie ‘n kans nie’

Die Zimbabwiese opposisieparty, die MDC is gereed om amptelik beswaar aan te teken teen die land se verkiesingsuitslae.

Hulle betwis die uitslag waarin president Robert Mugabe byna ‘n tweederde meerderheid van die stemme getrek het/

Mugabe se party, die ZANU-PF-party, … Lees verder

Bennet doen oproep om weerstand teen Zanu-PF

Roy Bennet, tesourier van Zimbabwe se opposisieparty, het ‘n oproep om weerstand teen Robert Mugabe se bewind gedoen.

“Ek praat van passiewe weerstand. Ek praat van mense wat die land tot stilstand bring – moenie julle rekeninge betaal nie, moenie … Lees verder

Mugabe, die gunsteling

whatsappDie meeste ontleders glo Zimbabwe se president, Robert Mugabe het ‘n beter kans as die opposisieleier, Morgan Tsvangirai om die verkiesing te wen.

Mugabe se voorsprong is te wyte aan sy beheer oor die media, kuberruim, veiligheidsmagte en verkiesingslogistiek. Mugabe … Lees verder

Tsvangirai betwis vry en regverdige verkiesing

Die Zimbabwiese eerste minister, Morgan Tsvangirai, sê hy glo nie dat die land se verkiesingskommissie môre ‘n vry en regverdige verkiesing in die land kan hou nie, en het gevra dat die lede bedank.

Tsvangirai het aan meer as 50 … Lees verder

Zim-verkiesing deur duisende waarnemers toegesak

zimsadcMinstens 20 000 plaaslike en buitelandse verkiesingswaarnemers sal vandag in verskeie gebiede in Zimbabwe ontplooi word in aanloop tot Woensdag se verkiesing.

Die land het meer as ses-komma-vier-miljoen geregistreerde kiesers, wat na verwagting hul kruisies sal trek om die beleërde … Lees verder

Roy Bennett gevang met mielies

Die Zimbabwiese opposisiepolitikus Roy Bennett staan moontlik op nuwe aanklagte tereg wat verband hou met die onwettige besit van ‘n groot hoeveelheid mielies.

Bennet het vanoggend by die hooggeregshof in Harare aangekom om te hoor of sy aansoek vir die … Lees verder

Zuma na Zim

Pres. Jacob Zuma gaan Zimbabwe hierdie week besoek om die magsdelingsooreenkoms, ná ‘n dekadelange politieke en ekonomiese krisis, te ondersoek.

Pres. Robert Mugbae en sy mededinger Morgan Tsvangirai, het verlede jaar ‘n eenheidsregering gevorm, om ‘n einde te probeer bring … Lees verder