Malaria in Limpopo en Noordwes ‘n bron van kommer

‘n Span gesondheidskenners is besig om malariavoorvalle in Limpopo en Noordwes te ondersoek.

In die weste van Limpopo het meer as 40 pasiente, grootliks plaaswerkers in die Lephalale-, Thabazimbi- en Waterberg-gebiede malaria opgedoen.

Die Waterbergdistrik is vroeër as ‘n malariavrye … Lees verder

Nobelpryswenners genees tropiese siektes

Die Nobelprys vir geneeskunde is vanjaar aan drie navorsers van Japan, China en Amerika toegeken.

Die drie het middels teen die parasitiese siektes malaria, olifantsiekte en rivierblindheid ontwikkel.

Die Nobel-komitee van die Karolinska-instituut in Swede het die pryswenners Dinsdag aangekondig.… Lees verder

Nog dodelike malaria in Pretoria gediagnoseer

’n Vrou van Hartbeespoort is verlede maand uit die bloute met ‘n dodelike vorm van malaria gediagnoseer, het Rekord Noord berig.

Dokters het die 29-jarige Anneli Wydeman vir tien dae in ’n gekontroleerde koma gelaat om haar lewe te red.… Lees verder

Pasop vir malaria en knokkelkoors!

dengue
Aedes aegypti-muskiet

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) moedig reisigers wat terugkeer van Mosambiek en ander malariabrandpunte aan om onmiddellik ‘n dokter te raadpleeg as hulle ‘n koors het.

“Daar kan ‘n rekord aantal gevalle van malaria wees as … Lees verder

Malaria-sterftes klop MIV/Vigs

malariaKundiges op die gebied van malaria sê die sterftes weens dié siekte is besig om toe te neem en skryf dit toe aan die weerstand wat muskiete teen insekdoders opgebou het. 

Hulle het gepraat by die sesde Pan-Afrika multilaterale inisiatief Lees verder