ISIS-djihadiste byna uit Sirte verdryf

Magte lojaal aan Libië se eenheidsregering maak vordering binne die djihadiste se vesting, Sirte nadat die eerste Amerikaanse lugaanvalle, posisies van die Islamitiese Staat (ISIS) in die stad geteiken het.

Die soldate het die sentrale distrik, Al-Dollar, ingeneem nadat gevegte … Lees verder

VSA beplan lugaanvalle op Libië

Die Verenigde Nasies sê alle partye in die Libiese konflik is waarskynlik skuldig aan oorlogsmisdade, insluitende marteling, verkragting en die moord op gevangenes.

Die VN het die internasionale gemeenskap gevra om meer te doen om die skuldiges te laat vervolg. … Lees verder

Frankryk val ISIS-vestings in Sirië aan

Franse vegvliegtuie het vestings van die Islamitiese Staat in Sirië aangeval nadat ISIS verantwoordelikheid vir die gekoördineerde terreuraanvalle in Parys aanvaar het.

Amerikaanse intelligensie-dienste het na die aanvalle ingestem om hul data te deel met Frankryk, en het begin met … Lees verder

Twee mortiere land op Russiese ambassade in Damaskus

Twee mortiere het Dinsdag die Russiese ambassade in Da­maskus getref en paniek gesaai onder honderde mense wat daar byeengekom het om hul steun vir Moskou se lugaanvalle in Sirië te betuig.

Volgens ooggetuies het ongeveer 300 mense buite die Russiese … Lees verder

NAVO kla luidkeels oor Russiese veldtog teen ISIS

Die sekretaris-generaal van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Jens Stoltenberg, het Donderdag in Brussel gesê ministers van verdediging van die NAVO-alliansie moet NAVO se eie veiligheid oorweeg midde die “kommerwekkende toename in Russiese militêre aktiwiteite” in Sirië.

Hy sê Navo is gereed … Lees verder

Poetin wil ‘inligtingsaanvalle’ deur skakeling verhoed

Verslae van beweerde ongevalle onder burgerlikes wat veroorsaak is deur Russiese lugaanvalle in Sirië het na vore gekom, selfs voor Russiese vegvliegtuie vir hul eerste sending opgestyg het, het President Wladimir Poetin gesê en sulke disinformasie as “inligtingsaanvalle” beskryf.

“Ander … Lees verder

Poetin, Obama vergader oor Sirië

In sy eerste toespraak by die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering in ’n dekade, het die Russiese president, Vladimir Poetin, Maandag gevra vir ’n breë VN-koalisie om teen die Islamitiese Staat-jihadiste te veg voor sy ontmoeting met pres. Barack … Lees verder

VSA voer lugaanvalle teen Taliban/ISIS uit

Amerika het lugaanvalle in die noordelike Afgaanse provinsie Kunduz van stapel gestuur, ’n dag nadat die provinsiale hoofstad deur die Taliban ingeneem is.

Die grootste deel van die suidelik Helmand-provinsie is tans onder Taliban-beheer.

Die val van die stad het … Lees verder

Rusland voer lugaanvalle teen ISIS uit

Rusland het Woensdag 20 lugaanvalle in Sirië uitgevoer na hulle deur die land se president versoek is om op te tree teen internasionale terroriste.

Die Kremlin het die militêre ingryping goedgekeur om pres. Basjar al-Assad, ‘n bondgenoot in die streek, … Lees verder

Australië voer lugaanvalle uit op Sirië

Die Amerikaanse weermag sê Australiese gevegsvliegtuie het hulle eerste lugaanvalle op vestings van die Islamitiese Staat-groep in Sirië uitgevoer, het RSG berig.

Australië het verlede week aangedui dat hy sy betrokkenheid by die Amerikaans-geleide optrede teen die jihadistegroep gaan uitbrei. … Lees verder

Turkye gebruik ISIS as verskoning om Koerde aan te val

Vegvliegtuie het Maandag en Dinsdag 17 Koerdiese teikens in die Hakkari-provinsie aangeval as deel van ’n hernude aanslag op die verbanne Koerdiese Werkersparty (PKK).

Reuters berig dat die gewapende stryd reeds vir drie dekades teen Koerdiese selfbeskikking duur.

Turkye, wat … Lees verder

ISIS krap Novus orbis terranum om

Owerhede in sentraal-Asië se Sowjet “stans” – die vyf republieke van die voormalig Sowjetunie – doen drakoniese stappe om van militante Islam ontslae te raak, nadat Turkye se bedekte steun vir ISIS uitgebrei het.

Veiligheidsbeheer en ingryping kan die nodige … Lees verder

Hulporganisasies pleit dat Jemen-burgerlikes ly

Volgens Dokters Sonder Grense (MSF) is die meeste van die infrastruktuur in Jemen so beskadig na herhaaldelike lugaanvalle, dat dit tot ‘n volskaalse humanitêre krisis gelei het.

Druk is besig om toe te neem teen die Saoedi-koalisie, met menseregte-organisasies wat … Lees verder

Lugaanvalle in Jemen dood agt

Lugaanvalle van Saoedi-Arabië gister op ’n militêre kamp het agt burgerlikes in die stad Taiz in sentrale Jemen gedood, het ’n mediese bron aan Reuters gesê.

Die lugaanvalle was gemik op ’n plek waar lojale soldate van die voormalige Jemense … Lees verder