SA glo toegerus vir nuwe kernsentrales sê Eskom

Suid-Afrika is goed toegerus om kernkragsentrales te hê en het ‘n kernveiligheidskultuur met Koeberg wat veilig bedryf is vir meer as 32 jaar, het Eskom gister gesê.

Die prestasie van die Koeberg-kragstasie was ook konsekwent een van die sterkstes in … Lees verder

Omgewinggroepe wil Russiese kernplan vir SA keer

Die ­Sui­­­­­d­er-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe Omgewingsinstituut (Safcei), en die omgewingsgroep Earthlife Africa wil ‘n hofaansoek bring om te vra dat die samewerkingsooreenkoms oor kernkrag wat Suid-Afrika en Rusland in 2014 gesluit het, ongedaan gemaak word.

Die regering het verlede week op die … Lees verder

Gebreke in Koeberg se noodplan

’n Noodplan-oefening by die Koeberg-kernkragstasie aan die Kaapse weskus is Donderdag gehou wat gebreke in die plan uitgewys het.

Ongeveer ‘n honderd 100 reddingsvoertuie en meer as 400 lede van onder meer die polisie, verkeersdepartement, nooddienste, die weermag, omgewingsdienste en … Lees verder

Steenkoolskaarste dreig by Eskom

Eskom staar ‘n tekort van 17 miljoen ton steenkool vir sy kragaanlegte in die gesig, het RSG berig.

Die minister van openbare werke, Lynne Brown sê die tekort word by die Matla-, Tutuka-, Kriel-, Arnot- en Hendrina-kragaanlegte verwag.

Vroeër het … Lees verder

Westinghouse woedend oor Franse kontrak

Die wêreld se grootste vervaardiger van kernbrandstof, Westinghouse gaan appelleer teen ‘n hofbeslissing wat weier om die tenderproses ter waarde van meer as R4 miljard met Eskom, weer oop te stel.

Die Franse maatskappy, Areva het die kontrak gekry om … Lees verder

Westinghouse vat Eskom aan oor ‘politieke inmenging’

Westinghouse, ‘n Amerikaans-Japanse kernkragmaatskappy het Maandag ’n tweede hofgeding teen Eskom aanhangig gemaak.

Die toekenning van die Koeberg-vernuwingskontrak aan die Franse maatskappy Areva is in die spervuur.

Westinghouse het Maandag hofstukke by die Suid-Gautengse hooggeregshof ingedien waarin hy die hof … Lees verder

Koeberg toets noodplan

Die Kaapstadse Nooddienste het inwoners wat in die omgewing van die Koebergkernkragsentrale woon gemaan dat noodoefeninge gehou gaan word.

Inwoners is gewaarsku dat die kernkragsentrale se noodsirenes Woensdag getoets sal word.

‘n Woordvoerder, Wilfred Solomons-Johannes van die Nooddienste het ‘n … Lees verder