Media spring op Arktiese ysberg om ‘klimaatontkenners’ te verskree

‘n Reuse ysberg in die Antarktika, met ‘n oppervlakte van 5 800 km2, het op 10-12 Julie 2017 losgeskeur. Omdat die ysberg heeltemal van die Larsen C  ysbank losgekom het, het sommige Trump-kritici die “klimaatontkenners” blameer.

Volgens die New York … Lees verder

Wêreldleiers by klimaatberaad verwelkom

Frankryk se pres. François Hollande en die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), Ban Ki-moon, het die week 150 wêreldleiers in Parys vir die VN-spits­beraad oor klimaatsverandering verwelkom.

Altesaam 195 nasies is by die spitsberaad verteenwoordig, wat 12 dae duur.… Lees verder

Spanning tussen Rusland, Turkye

Russiese Su-34 bomwerpers, sal voortaan addisioneel toegerus word met lug-tot-lug missiele, het Igor Klimof, woordvoerder vir die Russiese Lugmag gesê.

“Die vliegtuie is toegerus met missiele vir verdedigingsdoeleindes,” het hy gesê.

Turkye se departement van buitelandse sake het sy burgers … Lees verder

Streng veiligheid in Parys vir klimaatsberaad

Streng veiligheidsmaatreëls geld in die Franse hoofstad, Parys, waar 149 ander staatshoofde vir die klimaatsonferensie, CoP, byeen is, nadat Parys onlangs deur Moslemterreur getref is.

Die Verenigde Nasies se spitsberaad oor klimaatsverandering, die grootste diplomatieke byeenkoms tot nog toe, sal … Lees verder

Bloedige hitte terwyl WB aardverwarming en armoede bespreek

Suid-Afrikaners in die binneland moet hulle staal teen bloedige hitte in die droë week wat voorlê, het RSG berig.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n waarskuwing uitgereik van volgehoue hoë temperature in die noordelike dele van die land, waaronder Limpopo, Gauteng, … Lees verder

Weerdiens waarsku dat klimaatsverandering kom

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bekend gemaak dat meer negatiewe uitwerkings van klimaatsverandering in die land gaan voorkom, veral in Mpumalanga en Limpopo.

Dit het aan die lig gekom by ‘n klimaatsverandering-konferensie in Mbombela. Die konferensie is georganiseer deur die Departement … Lees verder

Waterbeperkings in Bloemfontein afgekondig

‘n Kritieke waterskaarste weens klimaatsverandering en min reën staar die Mangaung-metro in die gesig.

Volgens die munisipale woordvoerder, Qondile Khedama, is die tekort aan water besig om ‘n algemene probleem in stede te raak.

Waterbeperkings is Vrydag op ‘n raadsvergadering … Lees verder

Vrystater enigste klimaatsafgevaardigde uit Afrika

Die Universiteit van die Vrystaat se Sentrum vir Ramprisikobestuur se direkteur, Andries Jordaan, was verlede week die enigste verteenwoordiger van Afrika op die Verenigde Nasies se spesialiskomitee by ‘n werksessie oor klimaatsweerbaarheid in Genève, Switserland.

Hy is deur die VN-sekretaris … Lees verder

Obama omarm omgewingsaktivisme

President Barack Obama van Amerika het sy stem gevoeg by by dié van omgewingsaktiviste. Obama sê die klimaat is besig om vinniger te verander as pogings om aandag aan aardverwarming te gee.

As ‘n staatswetgewer het Obama voorheen gestem om … Lees verder

Groot storms op pad

rampgebiede1Navorsing wat vandeesmaand in die International Journal of Climatology gepubliseer is, toon dat Suid-Afrika verhoogde reënval en meer oorstromings te wagte kan wees.

Die studie is deur ‘n Wits PhD-student onderneem. Die bevindings weerspreek egter die gewilde klimaatsveranderingoortuiging dat warmer … Lees verder

Kopenhagen – Nie net opofferings maar ook geleenthede

Die oë van die wêreld word algaande op Kopenhagen gerig waar wêreldleiers volgende week koppe bymekaar gaan sit oor hoe om die aarde se klimaat so veel as wat menslik moontlik is, te stabiliseer.

Dié keer kom die VSA, die … Lees verder