Oproer aanstaande jaar by Wits aangekondig

‘n Swart woordvoerder van die studenteraad van die Universiteit van die Witwatersrand, David Manabile sê hulle sal wag tot die studente terugkeer ná die vakansie om tot oproer oor te gaan.

Die Universiteit het Maandag aangekondig dat studiegeld aanstaande jaar … Lees verder

NWU se klasgelde styg

’n Besluit om klas- en koshuisgelde by die Noordwes-Universiteit (NWU) met 8% in 2017 te verhoog is na aanleiding van ’n diepgaande analise van die universiteit se finansiële posisie geneem.

Die woordvoerder Louis Jacobs sê verder die besluit is verlede … Lees verder

Oproer tref Windhoek se kampus

Universiteit van Namibië het die eksamens wat Dinsdag moes begin, uitgestel nadat oproeriges amok gemaak het omdat hulle daarvan weerhou word om te skryf tensy hul studiegelde betaal word, het die Republikein berig.

Die registrateur, Sifiso Nyati, het vroeër aangedui … Lees verder

NWU weer deur EFF gedreig met chaos

Die Noordwes-Universiteit sê hulle sal alles in hul vermoë doen om te verseker studente en personeel is veilig wanneer hulle volgende week na die instansie terugkeer.

NWU-woordvoerder, Louis Jacobs, sê die universiteit het reeds gebeurlikheidsplanne in plek vir die hervatting … Lees verder

Krisis op kampusse word deur DA, EFF aangemoedig

Die krisis in hoër onderwys word kennelik deur die opposisie aangemoedig om van president Zuma ontslae te raak. Maar die DA en EFF is besig om die meerderheid studente se wense daarmee ook te verontagsaam en in gevaar te stel.… Lees verder

UK dreig betogers met tugstappe

Die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, Max Price het studente intussen gewaarsku dat daar tugstappe teen hulle gedoen sal word indien hulle nie die gedragskode tydens hulle protesoptrede nakom nie.

Honderde betogende swart studente het Maandagoggend beloof om die … Lees verder

Universiteite hervat, maar betogers dreig met geweld

Nog universiteite het besluit om weer te open nadat klasse by die Universiteit van die Witwatersrand hervat het, maar oproermakers dreig steeds met ontwrigting.

Die akademiese program by Wits sal Dinsdag voortgaan nadat studente in ‘n eletroniese meningsopname ná onlangse … Lees verder

SAMRK staan amokmakers van SUT by

Die 23 belhamels van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein wat in hegtenis geneem is tydens ‘n klasgeldprotes, is met ‘n waarskuwing vrygelaat, danksy ingryping van die SAMRK.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ingegryp op ‘n dringende grondslag om die … Lees verder

Studente-vandale van SUT voor

‘n Groep swart oproeriges van die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) se Bloemfontein-kampus sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met ‘n onwettige byeenkoms, openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê altesaam 13 mans en sewe … Lees verder

Vakbonde gaan by studente-oproer aansluit

Vakbonde gaan na verwagting aansluit by swart studente se betogings oor gratis tersiêre onderrig. Ten minste 52 arbeidersvakbonde is genader om deel te neem.

Die studente-aktivis en leier van die “FeesMustFall”-veldtog, Mcebo Dlamini, het Maandag honderde studente by die Universiteit … Lees verder

Wits smeek OVK, polisie om hulp om akademiese jaar te red

Die Universiteit van die Witwatersrand het die hulp van die Verkiesingskommissie ingeroep om die uitslag van ‘n meningspeiling oor die hervatting van lesings te verifieer.

Die Universiteit doen blykbaar die peiling onder dosente en studente sodat hulle ‘n getallemeerderheid kan … Lees verder

Drie petrolbomme by Wits skep beeldprobleem vir oproeriges

Die drie petrolbomme wat by Wits gevind is, het die oproerige swart studente se openbare betrekkinge oefening ietwat geskaad.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Civic Organisation (Sanco) het Sondag gesê “barbaarse dade van geweld en sinnelose vernietiging van onderwysinfrastruktuur moet ontmasker word … Lees verder

Nie-presterende swart studente het die grootste eise

Openbare geweld vier hoogty en universiteite moes sluit nadat Blade Nzimande (foto), Suid-Afrika se minister van hoër onder­wys en opleiding, Maandag aangekondig universiteite kan self klasgeldverhogings van tot 8% vir volgende jaar vasstel.

Die regering se beleid dat studente uit … Lees verder

Wits dank sekuriteitsmaatskappy af na klipgooiery

Wits het die sekuriteitsmaatskappy wat met swart studente gebots het, vervang, het ‘n woordvoerder Woensdag gesê.

“Ons het die sekuriteitsmaatskappy vervang, maar voel nie ‘n behoefte om personeel te verhoog nie, want daar is minder studente op die kampus,” het … Lees verder