Sanksies teen Iran opgehef

Iran het Saterdag ’n reusetree vorentoe gegee om sy internasionale afsondering te beëindig, toe sanksies teen die land opgehef is.

Die geskiedkundige kernooreenkoms met verskeie wêreldmagte wat in Julie gesluit is, het uiteindelik in werking getree, het AFP berig.

Iran … Lees verder

DA wil Russiese kernooreenkoms teenstaan

Die Demokratiese Alliansie is van plan om die kernooreenkoms teen te staan. Die party het Sondag op ‘n nuuskonfrensie na die federale vergadering in Durban, onderneem om op hernubare energie te fokus.

Die leier van die DA, Mmusi Maimane sê … Lees verder

Magsbalans in Midde-Ooste verander na Iran-ooreenkoms

Die kernooreenkoms wat dié week in Wene deur Iran en ses groot moondhede bereik is, sal waarskynlik die magsbalans in die Midde-Ooste verander.

Ná ‘n dekade van onderhandelinge wat met tye aan die gang was, maar telkens op ‘n dooie … Lees verder

Geskiedkundige kernooreenkoms met Iran bereik

‘n Geskiedkundige raamwerkooreenkoms is tussen die sogenaamde P5-moondhede en Iran in Lausanne, Switserland bereik oor ‘n vreedsame kernprogram.

Die voorlopige ooreenkoms tussen die VSA, China, Brittanje, Frank­ryk, Duitsland, Rusland en Iran is teen Israel se wense.

Die herverkose Israelse premier … Lees verder

Iran, VSA bereik kernooreenkoms

Iran en ses wêreldmoondhede het ‘n ooreenkoms bereik oor Teheran se omstrede kernprogram, na vyf dae van intensiewe onderhandelinge in Geneve in Switserland.

Die doel van die samesprekings was om ‘n tussentydse ooreenkoms vir ses maande op te stel, om … Lees verder

Konsternasie in Israel met naderende ooreenkoms tussen VSA, Iran

Gesprekke tussen Iran en ses wêreldmagte oor Teheran se kernambisies kan sloer nadat die linkse, Sosialistiese regering van Frankryk probeer het om die konsensus tussen die VSA en Iran te ontspoor, het diplomate gesê.

Ministers van Iran en die groot Lees verder