Johannesburgse middestad ‘n spookdorp ná kabeldiefstal

Groot dele van die Johannesburgse middestad was gister ‘n spookdorp nadat kabeldiewe blykbaar verlede naweek “etlike kilometers ondergrondse koperkabels” gesteel het. Die wetteloosheid in Suid-Afrika het so ‘n erge graad bereik dat kabeldiefstal feitlik ‘n alledaagse verskynsel geword het.

Volgens

Lees verder

Wanbetaling en kabeldiefstal laat SA sonder krag

Duisende Vrystaters kan oor die feestyd sonder krag wees, omdat munisipaliteite nie hul Eskom-rekeninge betaal nie, het RSG berig.

Die agt plattelandse munisipaliteite wat by Eskom in die skuld is, sluit in Nketoana by Reitz, Nala by Bothaville en Mantsopa … Lees verder

Brief: Kabeldiefstal laat helfte van Koster sonder krag; munisipaliteit skuld te veel

Ongeveer die 20 Desember 2015 steel hulle ‘n ondergrondse hooflynkabel in Koster wat omtrent die helfte van Koster kragloos laat.

Die munisipaliteit het nie geld om die kabel te koop van hulle gereelde verskaffers nie omdat hulle derduisende rande skuld … Lees verder

Eskom loods uiteindelik nuwe veldtog teen koperdiefstal

Die nasionale kragvoorsiener Eskom het die lig gesien wat koperkabeldiefstal betref, en uiteindelik ‘n nuwe veldtog daarteen geloods.

Verbruikers moet jaarliks miljarde ekstra opdok weens dié voortslepende plaag.

Koperkabels wat gesteel word en later as skroot verkoop word, kos die … Lees verder

Kabeldiefstal buite beheer

Koperdiefstal in Suid-Afrika het dramaties toegeneem en geen einde is in sig nie. Dit is reeds 43 persent hoër as die vorige jaar.

Die finansiële verlies weens koperdiefstal het volgens die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid in Oktober tot … Lees verder

Damme het voldoende water

Die Departement van Waterwese en Sanitasie het bewerings dat Suid-Afrika watertekorte kan ondervind, verwerp.

Vroeëre berigte het die rondte gedoen dat die land se varswatervoorraad kan opraak indien die water-infrastruktuur nie opgeknap word nie.

Die Direkteur-Generaal, Trevor Blazer, sê die … Lees verder

Waterkrane drup weer

Rand Water is besig met die voortgesette monitering van reservoirs in Gauteng en sê geen waterrantsoenering word tans toegepas nie, het RSG berig.

Rand Water het vroeër gesê twee van sy pompstasies in Pretoria het weer water begin pomp. Die … Lees verder

Kabeldiefstal kos SA R5 miljard jaarliks

Kabeldiefstal kos Suid-Afrika jaarliks meer as vyf-miljard rand. Dit is by `n seminaar in Johannesburg oor kabeldiefstal bekend gemaak, het RSG berig.

‘n Senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, Dr. Johan Burger, sê die diefstal plaas `n groot las … Lees verder

Nog 3 lyke in Soweto-kragstasiepuin gevind

Nog drie liggame is Maandagaand in die gebou gevind wat in duie gestort het in Power-park, Soweto.

Die polisie sê die liggame is deur sekuriteitsbeamptes wat in die gebied werk gekry.

Die gebou is ʼn ou kragstasie agter die Orlando-torings. … Lees verder

Kaapse treinstasies gesluit weens oproerige pendelaars

Metrorail moes inderhaas elf treinstasies tussen Philippi en Nyanga op die Kaapse Vlakte sluit weens oproerige pendelaars.

Intimidasie en geweld deur gefrustreerde reisigers is aangemeld nadat duisende gestrand is omdat vandale sinjaalkabels by ‘n sleutelkruising gesteel het.

Sowat 80 treine … Lees verder

‘Kabelfoute’ veroorsaak ontploffing by kragstasie aan Oos-Rand

Kragtoevoer is weer in Kempton Park, aan die Oos-Rand, herstel ná ’n ontploffing verlede week by ’n substasie, het die Ekurhuleni-munisipaliteit Maandag in ‘n verklaring gesê.

“Ons wil graag ons ingenieurs bedank wat sonder ophou gewerk het om te verseker … Lees verder

Koperdiefstal buite beheer

Verliese van koperdiefstal is op met 71% van ‘n jaar gelede, met maatskappye wat skade van R15.4 miljoen in Mei aangemeld het.

Syfers saamgestel deur die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, wat data van lede – maar nie van … Lees verder

Groot dele van Centurion sonder krag

Groot dele van Centurion in Gauteng is sedert vroeg Sondagoggend sonder elektrisiteit weens die Brakfontein-substasie wat gevandaliseer is, die Stad van Tshwane gesê.

Die Metroraad het inwoners van Centurion om verskoning gevra vir die ongerief.

Die Metro sê tegnici werk … Lees verder

Vragmotor vol gesteelde kabels voorgekeer

kabelsDie polisie in Johannesburg het beslag gelê op ‘n vragmotor vol elektriese kabels met ‘n geraamde waarde van R5 miljoen, het RSG berig.

Die metropolisie het die voertuig naby die Gold Reef City pretpark voorgekeer. ‘n Woordvoerder van die polisie … Lees verder