Kerry smeek terwyl Russe skoonmaak in Sirië

‘n Byeenkoms van belangrike wêreld- en streeksmagte, in Switserland en onder voorsitterskap van die VSA, het min vordering gemaak om die konflik in Sirië finaal te besleg.

Rusland het die VSA verlede week voor ‘n ultimatum gestel en gesê hulle … Lees verder

Russe roep skaakmat in Sirië

Die Neocons bevind hulself in ‘n doodloopstraat na die ineenstorting van die Kerry-Lawrof-ooreenkoms om ‘n skietstilstand in Sirië uit te roep.

Die Siriese weermag het die djihadis in die ooste van Aleppo vasgekeer, en die werklikheid van verdoemende nederlaag in … Lees verder

Kerry na Afrika te midde van stygende Moslembedreiging

Met die vredesooreenkoms in Suid-Soedan wat aan die uitrafel is en djihadiste wat voortgaan met aanvalle in Somalië, het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, in Nairobi aangekom om met Kenia se pres. Uhuru Kenyatta samesprekings te voer.… Lees verder

Turkye se ‘staatsgreep’ lyk na Islamitiese suiweringsveldtog

Nagenoeg drieduisend vermeende militêre samesweerders is in Turkye in hegtenis geneem, ná ‘n mislukte staatsgreep Vrydagnag.

Duisende regters, staatsaanklaers, militêre leiers en soldate is gevange geneem en lasbriewe vir die ander se inhegtenisname is uitgereik.

Verskeie regsgeleerdes, onder wie tien … Lees verder

Rusland, VSA in Wene oor Siriese kopseer

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, en sy Russiese ampsgenoot, Sergei Lavrof, het ‘n hoëvlakvergadering in Wene, Oostentyk, gehou om te probeer om die vredesproses in Sirië weer op koers te kry.

Amerikaanse en Britse oproepe dat die … Lees verder

Kerry vra nie om verskoning vir Hirosjima nie

John Kerry het die week die eerste Amerikaanse minister van buitelandse sake geword om sy respek by die Hirosjima-gedenkteken vir die slagoffers van die 1945 Amerikaanse kernaanval te betoon.

Dit was egter ‘n balanseertoertjie van “respek” en “geen berou” nie.… Lees verder

Twee ontploffings ruk Sirië na skietstakingsooreenkoms

Minstens 150 mense is dood in bomontploffings in twee Siriese stede.

Minstens 96 is na berig word dood in drie bom­aanvalle Sondag naby ’n Sjiitiese heiligdom, Sayyida Zeinab, in Damaskus. Die profeet Mohammed se kleindogter is daar begrawe.

Enkele ure … Lees verder

Israel, Hamas kondig nuwe skietstilstand aan

Met die internasionale klimaat wat al swaarder op Israel en die VSA weeg weens hul voortgesette aanvalle in die besette Gasa-gebied, het die twee strydende partye ingestem tot ‘n “humanitêre” skietstilstand.

Israel en die VSA wou egter nie aan dieselfde … Lees verder

Soennie-geweld in Irak duur voort

iraqBomme wat in motors en langs die pad in Bagdad ontplof het, het minstens 19 mense gedood in Irak.

Die dodelikste aanval het in die hoofsaaklik Sjiïtiese gebied, Shaab plaasgevind, waar minstens 9 mense dood en 25 beseer is.

Soennitiese … Lees verder

VSA se Kerry ‘verloor nie slaap oor Poetin se leuenaar-opmerking’

Die Amerikaanse ministerie van buitelandse sake het die verklaring deur die Russiese president, Wladimir Poetin, as “belaglik” afgemaak, dat staatsekretaris John Kerry aan die Kongres oor Al-Kaida se rol in Sirië sou gelieg het.

“Staatsekretaris Kerry is, soos u almal … Lees verder

Kerry mislei Senaatskomitee oor rebelle

By die Senaatskomitee oor buitelandse betrekkinge waar Kerry die saak vir president Barack Obama se plan om Sirië aan te val gestel het, het Kerry beweer dat die gewapende opposisie “toenemend deur sy gematigheid en uitgebreide lidmaatskap gekenmerk word, hulle Lees verder

Britse regering magtig gifgas-chemikalieë na Sirië

Die Britse regering is beskuldig van “buitengewone laksheid” met wapenbeheer nadat dit rugbaar geraak het dat amptenare die uitvoer van twee chemikalieëwat gebruik kan word om saringifgas te maak na Sirië gemagtig het.

Sekretaris Vince Cabel, sal vandag gevra Lees verder

Kerry spook om vredesproses op koers te hou

vredemoDie Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, John Kerry sê hy het ‘n openhartige gesprek met die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu gehad oor nuwe omstredenheid rakende Israelse vestings.

Kerry is werp alles in die stryd om sy inisiatief vir vrede … Lees verder