ISIS-djihadiste byna uit Sirte verdryf

Magte lojaal aan Libië se eenheidsregering maak vordering binne die djihadiste se vesting, Sirte nadat die eerste Amerikaanse lugaanvalle, posisies van die Islamitiese Staat (ISIS) in die stad geteiken het.

Die soldate het die sentrale distrik, Al-Dollar, ingeneem nadat gevegte … Lees verder

Siriese vredesonderhandelinge tydelik gestaak

Die Verenigide Nasies (VN) se afvaardiging na Sirië het aangekondig dat die vresamesprekings in Genève, Switserland, tydelik gestaak word.

Dit sal glo later vandeesmaand hervat word.

Te midde ’n toename in die felheid van gevegte in dié land, is Rusland … Lees verder

Islamitiese terroriste val soldate in Mali aan

’n Organisasie wat jihadistiese webtuistes monitor, berig dat Al-Kaïda se tak in Noord-Afrika aanvoer dat die ekstremistiese groep, Ansar Dine, barakke in die noorde van Mali aangeval het.

Die aanval was in die stad, Nione in die Segou-streek, volgens die … Lees verder

Nigeriese weermag ontken nuwe Boko Haram-aanval

Die Nigeriese weermag het ontken dat jihadiste ‘n hernude aanval op ‘n stad in die land geloods het. Hulle sê die ontploffings was weermagoefeninge.

Veelvuldige ontploffings is Sondag aan die buitewyke van Maiduguri gehoor, het ­plaaslike inwoners gesê.

Dié stad … Lees verder

Vegvliegtuig stort neer op Siriese mark

Ten minste 27 mense is Maandag dood en talle beseer toe ’n vegvliegtuig van die Siriese weermag in ’n besige mark in die rebellevesting in die noordwestelike dorp, Arihe, neergestort het.

Die meeste oorledenes was burgerlikes. Die dorp in die … Lees verder

Wat gebeur werklik in Irak en Sirië?

Die oorlog teen Sirië wat ook in Irak woed, word deur talle krisisse gekenmerk.

In Junie 2012, by die eerste konferensie in Geneve, het die pasverkose Francois Hollande sy eie interpretasie van die finale verklaring gemaak.

Met die hulp van … Lees verder

Marteling: Australië in greep van nasionale veiligheidswetgewing

Die Australiese regering het onder openbare druk geswig en ingestem dat spesifieke marteling van verdagte terroriste deur lede van die geheimediens verbied moet word.

Die regering was van plan om die Australiese intelligensie-organisasie kwyt te skeld van enige kriminele oortredings … Lees verder