Guptas steel van swartes, sê groep

Atul Gupta se massiewe rykdom is skokkend en ontstellend en “anti swart”.

Dit is die reaksie van die groep Save South Africa, nadat die bekend geword het die Gupta-familielid is onder die top 10 rykste swart mense in Suid-Afrika.

News24 … Lees verder

Johann Theron: Die saak vir Zuma

Hernieude Zuma-histerie word wyd en syd deur die Suid-Afrikaanse hoofstroommedia verkondig. Die meestal onkundige lesers voel verontreg deur die groeiende lys van wandade wat hulle president straffeloos pleeg, maar word andersyds onthuts deur dieselfde president wat “veg” teen die oorweldigende … Lees verder

Die Vatikaan se openbare betrekkinge kom in rat: St Theresa van Kolkata

Anjezë Gonxhe Bojaxhiu, wêreldwyd bekend as Moeder Teresa, is tot heilige verklaar. Sy sal nou as St. Theresa van Kolkata bekendstaan.

Met ‘n Nobelprys onder die blad en ‘n nalatenskap van media-aandag wat ander supersterre in die skadu stel, is … Lees verder

Motors met uitheemse geure

Vra enige iemand in Suid-Afrika wat hulle van motorvervaardigers soos Toyota, Mazda, Nissan of Honda dink en hulle antwoord sal eensklaps “betroubaarheid” wees. Dink nou veertig jaar gelede en daardie selfde mense sou dan gepraat het van “Jap Scrap”, want … Lees verder

Vigs in Indiese hospitale deur bloedoortappings versprei

Indië se nasionale Vigsbeheerorganisasie het bekendgemaak dat meer as 2200 van sy burgers in die afgelope 17 maande die dodelike MI-virus opgedoen het tydens bloedoortappings in hospitale.

Die Organisasie het die syfers vrygestel in reaksie op ‘n versoekskrif wat deur … Lees verder

BRICS-geveg kom na SA met sakemense wat EFF steun

Die BRICS-geveg wat ook in Brasilië woed nadat hul president Dilma Rousseff haar amp kwyt is, gaan Suid-Afrika nie gespaar bly nie.

Bemoedig deur die regime-verandering daar, is daar tans groot druk deur die sakegemeenskap op Pravin Gordhan, die voormalige … Lees verder

Slegte week vir meerverdiepinggeboue in Afrika en Indië

Dit was ‘n slegte week vir meerverdiepinggeboue in die Derde Wêreld.

Reddingswerkers was die naweek nog besig om na oorlewendes in die Huruma-woonbuurt van Nairobi te soek nadat ‘n sesverdiepinggebou vroeër in duie gestort het.

Die dodetal het tot 49 … Lees verder

Dodetal na Hindoetempel afbrand styg

Die dodetal in die reusebrand in ’n tempel in die suide van Indië het tot meer as 100 mense gestyg.

Die polisie soek tans na 10 mense wat verbind word met die brand.

Teen Sondag het die dodetal in ’n … Lees verder

Indië ontplooi elitetroepe by Paksitanse grens

Indië het elite veiligheidsmagte in die westelike deelstaat, Gujarat ontplooi ná ‘n intelligensieverslag aangedui het dat tien militante moontlik die grens vanaf Pakistan oorgesteek het.

Veiligheidsmaatreëls by sleutelinstansies is eweneens opgeskerp, het AFP berig.

Gujarat is die tuisstaat van die … Lees verder

Leon Lemmer: Moeder Teresa ‘n heilige?

Volgens ‘n aankondiging deur die Rooms-Katolieke Kerk op 17 deser gaan Moeder Teresa (Anjezë Gonxhe Bojaxhiu, 1910-1997) tot heilige verklaar word. Haar ouers was Rooms-Katolieke Albaniërs. Sy het in 1928 van haar geboorteland Macedonië na Ierland gegaan om Engels te … Lees verder

Wêreldleiers by klimaatberaad verwelkom

Frankryk se pres. François Hollande en die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), Ban Ki-moon, het die week 150 wêreldleiers in Parys vir die VN-spits­beraad oor klimaatsverandering verwelkom.

Altesaam 195 nasies is by die spitsberaad verteenwoordig, wat 12 dae duur.… Lees verder

Stryd rondom BRICS verhewig

Die BRICS-groepering se posisie teenoor korporatiewe mag, het gelei tot die jongste skermutseling tussen die VSA en BRICS.

By die vierde BRICS-byeenkoms in Durban het lede gesê gesonde kompetisie is ‘n voorvereiste vir ekonomiese groei.

Dit is bo-aan die agenda … Lees verder

Al Basjir-besoek aan Indië is nuwe uitdaging aan ISS

Indië sal president Omar al-Basjir in hegtenis moet neem en uitlewer as hy Nieu-Delhi die week vir ’n beraad sou besoek, het die Internasionale Strafhof gesê.

Indië is nie ’n stigter-ondertekenaar van die Verdrag van Rome waardeur die hof tot … Lees verder

Ivoorkus se verbod op velbleikmiddels afgelag

‘n Groot en groeiende swart bevolking van “tchatchos”, ‘n onvertaalbare term in die Ivoorkus vir mense wat hul donker velle met produkte soos Fair and White, Glow en Nature White bleik, sê hulle sal aanhou ondanks ‘n verbod.

Die … Lees verder