Sydney Gregan: Wie sit agter Julius Malema? En waarom?

Terwyl die Suid-Afrikaanse publiek hulle blykbaar verlekker in die manewales van die hanswors Julius Malema, en veral die feit dat hy vir Jacob Zuma ‘n steen des aanstoots geword het, word die situasie in Suid-Afrika al meer plofbaar en kan … Lees verder

BRICSbank bedel by lidlande

Die president van die Brics Ontwikkelingsbank, Kundapur Kamath sê hulle verkies dat die nodige hulpbronne vir die bank van die lidlande afkomstig sal wees, het RSG berig.

Kamath het in Pretoria ‘n openbare lesing aangebied en sê die ekonomieë van … Lees verder

Ivoorkus-verkiesing in die weegskaal oor ongeloofwaardige kandidaat

Vyf van die Ivoorkus se tien presidentskandidate het Woensdag gesê die land is nie gereed om geloofwaardige en deursigtige verkiesings op 15 Oktober te hou nie.

Hulle dreig nou om hulle aan die verkiesings te onttrek.

Opposisiegroepe sê Alassane Ouattara … Lees verder

Griekeland se eerste minister bedank

Die Griekse premier, Alexis Tsipras het bedank en het aangekondig dat ‘n blitsverkiesing op die 20ste van aanstaande maand gehou sal word.

Sy bedanking volg kort nadat die land die eerste betaling van 13 miljard Euro van die Eurogebied ontvang … Lees verder

Grieke betaal IMF-skuld

Die president van die Europese Sentrale Bank (ESB), Mario Draghi, meen Griekeland kan wel die €3,5 miljard terugbetaal wat hy die bank skuld.

Die ESB het vroeër meer geld vir Griekse banke beskikbaar gestel om te keer dat hulle ondergaan.… Lees verder

IMF kritiseer Eurosone-hulppakket aan Grieke

Die Internasionale Monetêre Fonds het die voorwaardes van die finansiële reddingspakket deur die Eurosone aan Griekeland skerp gekritiseer omdat hulle meen die land se skuld sal waarskynlik binne die volgende twee jaar twee keer soveel as die nasionale inkomste styg.… Lees verder

SA se bydrae aan BRICS nie ‘n kopseer sê ekonoom

Suid-Afrika se beloofde bydrae van $10 miljard aan die beplande Nuwe Ontwikkelingsbank oftewel die BRICS-bank, hoef nie onmiddellik die land uit te vloei nie.

Die geld sal slegs gegee word wanneer dit benodig word, volgens die ekonoom Dawie Roodt.

Roodt … Lees verder

Poetin, IMF bespreek Griekse krisis

Die Russiese President, Vladimir Poetin het die Internasionale Monetêre Fonds se bestuurshoof, Christine Lagarde genader om die Griekse referendum te bespreek.

Hulle probeer ‘n werklike oplossing kry vir die land se skuldkrisis.

Lagarde het gesê dat verskeie lande in Latyns-Amerika … Lees verder

IMF, landbou waarsku teen kragverhogings

Eskom sal moontlik nie hierdie jaar verdere tariefstygings aan al sy kliënte kan deurgee nie, na waarskuwings van die IMF en landbou.

Tydens die verhoor van die Nasionale Energieguleerder oor Eskom se voorgestelde tariefverhogings, het die kragreus gevra vir ‘n … Lees verder

IMF voorspel groei vir Afrika

Na ramings van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) word groeikoerse van 5,5% oor vyf jaar vir Afrika voorspel. Indien infrastruktuur verbeter, kan dit selfs hoër wees.

Energie en finansiering vir infrastruktuur was Donderdag die oorheersende temas met die Afrika-­beraad van … Lees verder

Pik Botha se seun vaar uit teen BRICS

Dr Roelof Botha meen BRICS se anti-Amerikaanse ingesteldheid kan Suid-Afrika suur bekom. Botha, Pik Botha se seun, het in ‘n meningstuk in Netwerk24 gesê die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds in onvervangbaar wat “vryemarkbeginsels, private eiendomsreg, vryheid van spraak … Lees verder

Noodsamesprekinge in Brussel oor Griekse reddingsplan

Noodsamesprekinge oor hervormings wat nodig is om Griekeland se ekonomiese reddingsplan te verleng, is Woensdag in Brussel gehou. Intussen het die nuwe regering in Athene geswoeg om genoeg kontant bymekaar te skraap om die res van die maand te kan … Lees verder

Griekeland kry nog 4 maande

Ministers van finansies van die Euro-­sone het Dinsdag hul steun toegesê­ aan nuwe hervormings wat deur Griekeland­ voorgestel is in ruil vir ’n vier maande verlenging van die finansiële­ reddingsboei wat die land tydelik­ aan die gang sal hou.

Sowel … Lees verder

SA plaas ebola op G20-beraad se agenda

Suid-Afrika het die bespreking oor die ebolakrisis in Wes-Afrika by die G20-leiersberaad in Brisbane, Australië versoek, het die minister van finansies, Nhlanhla Nene gesê.

“Ons is inderdaad bekommerd. Ons versoek het eintlik daartoe gelei dat sake wat verband hou met … Lees verder