Immigrasie-beampte vas vir bedrog, dwelms

‘n Tweede klag van die onwettige besit van dagga is by die een van oortreding van die Immigrasiewet gevoeg in ‘n aanklag teen ‘n beampte van die Vioolsdrift-grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië.

Die verdagte is vroeër vandeesweek in hegtenis geneem … Lees verder

Vermeende korrupte Lesotho-immigrasiebeamptes voor

Vier-en-twintig swart verdagtes wat immigrasiebeamptes insluit, het in die landdroshof in Ladybrand in die Vrystaat verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie.

Die polisie sê nog twee verdagtes is Maandag in hegtenis geneem.

Die inhegtenisnemings volg na ‘n ondersoek deur … Lees verder

Onwettige immigrante stroom oor Lesotho-grens

Die departement van binnelandse sake in die Vrystaat sê sowat 2,5 miljoen mense het die afgelope vier maande die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho oorgesteek.

Dit is volgens ‘n voorlegging deur die provinsiale bestuurder van die departement, Bonakele Mayekiso, aan … Lees verder

Veertienduisend skoene by grens onderskep

Suid-Afrikaanse doeane-amptenare het by die Lebombo-grenspos beslag gelê op 14 167 paar skoene wat met ‘n vragmotor en sleepwa onwettig uit Mosambiek ingesmokkel is.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê die straatwaarde van die besending is ‘n geraamde R11,3 miljoen rand.

Byna … Lees verder