Lesings by drie UV kampusse opgeskort.

Die akademiese program op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se drie kampusse is vandag en môre opgeskort weens voortslepende oproer.

UV-woordvoerder, Lacea Loader, sê die instelling se universiteitbestuur gaan vandag en môre “verskeie belanghebbendes betrek”.

Dit in ‘n poging … Lees verder

Wits-studenteleier waarsku dat onluste sal aanhou

Die swart studenteleier die Universiteit van die Witwatersrand, Mcebo Dlamini, het belowe om te verseker dat die instelling gesluit bly.

Dit volg nadat Wits in ‘n verklaring Saterdag gesê het dat die akademiese program Maandag sal voortgaan.

Dlamini sê die … Lees verder

NWU weer deur EFF gedreig met chaos

Die Noordwes-Universiteit sê hulle sal alles in hul vermoë doen om te verseker studente en personeel is veilig wanneer hulle volgende week na die instansie terugkeer.

NWU-woordvoerder, Louis Jacobs, sê die universiteit het reeds gebeurlikheidsplanne in plek vir die hervatting … Lees verder

Polisie by Universiteit van Venda ontplooi

Die polisie moes by die Universiteit van Venda in Limpopo ontplooi word waar swart betogers se protesoptrede gemonitor word.

Akademiese aktiwiteite is intussen opgeskort nadat personeel en studente verhinder is deur betogers om die kampus binne te kom.

Die oproeriges … Lees verder

EFF-bevelvoerder moedig studentebetogers aan om te sterf as ‘martelare’

Die EFF-bevelvoerder, Julius Malema het aan The Times gesê sy party steun die opstand van ‘n paar belhamels vir gratis hoër onderwys ten volle.

Die houtwerk-savant sê hoewel die sluiting van universiteite en die verlies van ‘n akademiese jaar “jammer” … Lees verder

Universiteite hervat, maar betogers dreig met geweld

Nog universiteite het besluit om weer te open nadat klasse by die Universiteit van die Witwatersrand hervat het, maar oproermakers dreig steeds met ontwrigting.

Die akademiese program by Wits sal Dinsdag voortgaan nadat studente in ‘n eletroniese meningsopname ná onlangse … Lees verder

Wits besluit om te heropen na peiling

Die Witwatersrand Universiteit se bestuur het besluit dat lesings Dinsdag sal hervat. Alle personeel sal Maandag terugkeer na die werk.

Bykomende private sekuriteit gaan op die kampus ontplooi word terwyl die polisie binne “die omtrek van die kampus” sal bly … Lees verder

UJ tree hardhandig teen amokmakers op na dood van skoonmaker by Wits

Die Universiteit van Johannesburg het waarskynlik nog ongevalle probeer verhoed, nadat ‘n skoonmaker enkele dae gelede vermoor is deur oproerige studente by die Universiteit van die Witwatersrand.

Selfs joernaliste is gisteraand deur privaat veiligheidswagte buite UJ se Doornfontein-kampus verwilder. Die … Lees verder

Studente-vandale van SUT voor

‘n Groep swart oproeriges van die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) se Bloemfontein-kampus sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met ‘n onwettige byeenkoms, openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê altesaam 13 mans en sewe … Lees verder

Vakbonde gaan by studente-oproer aansluit

Vakbonde gaan na verwagting aansluit by swart studente se betogings oor gratis tersiêre onderrig. Ten minste 52 arbeidersvakbonde is genader om deel te neem.

Die studente-aktivis en leier van die “FeesMustFall”-veldtog, Mcebo Dlamini, het Maandag honderde studente by die Universiteit … Lees verder

Wits smeek OVK, polisie om hulp om akademiese jaar te red

Die Universiteit van die Witwatersrand het die hulp van die Verkiesingskommissie ingeroep om die uitslag van ‘n meningspeiling oor die hervatting van lesings te verifieer.

Die Universiteit doen blykbaar die peiling onder dosente en studente sodat hulle ‘n getallemeerderheid kan … Lees verder

Nie-presterende swart studente het die grootste eise

Openbare geweld vier hoogty en universiteite moes sluit nadat Blade Nzimande (foto), Suid-Afrika se minister van hoër onder­wys en opleiding, Maandag aangekondig universiteite kan self klasgeldverhogings van tot 8% vir volgende jaar vasstel.

Die regering se beleid dat studente uit … Lees verder

UKZN eis dat wit visekanselier bedank

Swart studenteleiers by die Universiteit van KwaZulu-Natal eis dat die visekanselier, dr Albert van Jaarsveld (foto) en die res van die senior bestuur bedank.

Die studenteraad se sekretaris-generaal, Sifiso Memela, sê die uitvoerende bestuur is “wanfunksioneel” met ooreenkomste met studente … Lees verder