Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste ‘stort in duie’

Die Nasionale Gesondheidsdienslaboratoriumdienste het nie meer geld nie weens wanbetaling deur provinsies en “is besig om in duie te stort”. Só het die waarnemende hoof van die NGLD, Shabir Madhi, gister aan die media gesê. Volgens hom is die NGLD, … Lees verder

Waterbeperkings in Gauteng kan opgehef word

Waterbeperkings in Gauteng kan binnekort iets van die verlede wees ná die wydverspreide reën die afgelope twee weke in die provinsie.

Munisipaliteite in Gauteng het sedert laat verlede jaar 15 persent minder water van Rand Water gekry omdat damvlakke tot … Lees verder

Lekkerrr nat! Vaaldam kry een Olimpiese swembad per sekonde

Johannesburg Water het ‘n “groot toename” in die Vaaldamwatervlak sedert Dinsdagaand aangeteken, berig The Citizen. Die Vaaldam ontvang nou die volume van amper ‘n Olimpiese-grootte swembad elke sekonde oor die afgelope 24 uur.

Woensdagoggend, het Johannesburg Water getwiet, “Vaaldam is … Lees verder

Vaaldam kritiek laag

Water gaan van vandag uit die Sterkfonteindam in die Vrystaat vrygelaat word in ‘n poging om waterreserwes in Gauteng aan te vul.

Johannesburg Water sê as inwoners voortgaan om waterregulasies te verontagsaam, kan die stad beperkings verhoog na vlak-3 regulasies.… Lees verder

SA: 56 miljoen siele

Daar woon na raming 56 miljoen siele in Suid-Afrika waarvan 51% vroulik is, volgens die halfjaarlikse berekeninge van Statistiek Suid-Afrika, en hulle sit nie stil nie.

Vir die tydperk 2011-2016, het ongeveer 247 437 mense gemigreer vanaf die Oos-Kaap uitwaarts, … Lees verder

Niks nuuts: ANC, EFF en DA is SA se gewildste partye

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het in Lethabong naby Rustenburg al vroeg die oorwinningsvieringe Woensdag afgeskop, skaars na die sluiting van die stembusse om 19:00.

‘n Konvooi van motors met die EFF-vlae versier het stadig deur die dorp gery, met partylede … Lees verder

Mugabe se einde: Etniese konflik wat oorspoel na SA

Vrees vir die Zimbabwiese president Robert Mugabe is besig om te verdamp nadat sy mees lojale ondersteuners, die veterane van die terreuroorlog, besluit het om hul steun te onttrek van sy party, die Zanu-PF.

‘n Groeiende aantal oorlogsveterane eis dat … Lees verder

Munisipale bestuurders verdien meer as Zuma

Tshwane-metro se munisipale bestuurder Jason Ngobeni is Suid-Afrika se hoogsbetaalde staatsamptenaar met sy R3 miljoen jaarlikse salarispakket.

Hy verdien verdien meer as die president, adjunkpresident en kabinetsministers.

Die munisipale bestuurder van platsak Gauteng se plaaslike munisipaliteit Emfuleni, Yunus Chamda (middel, … Lees verder

Skoolregistrasie sluit vandag

Tyd raak min vir Gauteng-ouers wat nog nie hul kinders geregistreer het vir die 2017 akademiese jaar nie.

Hulle het tot middernag vanaand (Woensdag) om dit te doen.

Meer as 670,000 aansoeke vir graad een en agt is reeds ontvang … Lees verder

Een sterf na 7 gevalle van maagkoors in Gauteng

In Gauteng is sewe gevalle van maagkoors die afgelope dae aangemeld. Een persoon is reeds weens die siekte dood.

Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid het ook intussen drie gevalle van ingewandskoors in die provinsie bevestig.

Twee meisies, onderskeidelik nege en … Lees verder

Kwik styg na 40 in Gauteng

Alhoewel koeler toestande vir die suid-westelike dele van die Wes-Kaap voorspel word, sal Gautengers nog ‘n bloedige warm dag moet trotseer.

Die Kaapstadse weerkantoor sê daar is ook ‘n kans op reën, maar dit sal die naweek weer warmer in … Lees verder

Beurtwater vir Gauteng ingestel

Gautengers kan binnekort uitsien na beurtwater. Rand Water sê die vraag is groter as die water wat in opgaardamme beskikbaar is.

Die instelling sê om aan die hoër vraag te voldoen moet water uit opgaardamme vrygelaat word wat die provinsie … Lees verder

Beurtwater ingestel

Die munisipaliteit Moqhaka – wat Kroonstad, Steynsrus en Viljoenskroon insluit – het die eerste munisipaliteit geword om beurtwater te implementeer.

Volgens ‘n verklaring deur die munisipaliteit sal water nie deurlopend aan inwoners beskikbaar wees nie en sal hulle daagliks slegs … Lees verder

Wit boelies dissiplinêr verhoor

Dertien wit leerlinge van die Laerskool Randfontein aan die Wes-Rand in Gauteng, sal na verwagting Woensdag weet of hulle ook geskors is.

Dit volg na ‘n voorval waarin ‘n ander wit kind by die skool aangerand is. ‘n Video-opname van … Lees verder