Vermeende veediewe wat buit verkoop se saak uitgestel

Die saak teen vyf van die agt verdagtes wat Woensdag vir veediefstal in Phuthaditjhaba en Ficksburg in die hof verskyn het, is uitgestel.

Valke-woordvoerder S’fiso Nyakane sê Kgathatso Rankete, Tiisetso Sikhosana, Samuel Ntombela, Mokwakwa Witbooi en Maleka Lize sal weer … Lees verder

Twee Moslems in Ficksburg oorval

‘n Moslempa en sy seun wat ernstig beseer is tydens ‘n huisroof in Ficksburg is steeds in ‘n kritieke toestand in die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem.

Die Vrystaat se polisiewoordvoerder, Phumelelo Dhlamini, sê Yunus Suleman en sy 21-jarige seun Ayaaz het … Lees verder

Caledonrivier droog amptelik op

Die Caledon-rivier het amptelik opgedroog en gevolglik is Ficksburg, Clocolan en Marquard in die Oos-Vrystaat sonder water.

Munisipale bestuurder vir die Setsoto-munisipaliteit, Tshepiso Ramakarane het aan OFM-nuus vertel dat die situasie hulle nie onkant gevang het nie, en dat dit … Lees verder

Geweld in Ladybrand nadat Rooi Miere toeslaan

Geweld het in Ladybrand uitgebreek in die Oos-Vrystaat.

Die Manyatseng-lokasie in Ladybrand is in rep en roer nadat honderde huise, wat volgens die munisipaliteit onwettig opgerig is, deur die Rooi Miere afgebreek is.

Inwoners het hulle teen die uitsettings verset. … Lees verder

Boer vas omdat hy waarskuwingskoot skiet

‘n Boer van Ficksburg is deur 20 swaargewapende polisiebeamptes in hegtenis geneem omdat hy waarskuwingskoot geskiet het toe twee swartes na bewering sy huis aangeval en gedreig het om sy gesin dood te maak, het Beeld berig.

Die mans het … Lees verder