Geweldmisdaad het waarskynlik weer toegeneem

Daar is min hoop dat misdaad afgeneem het tot in Maart vanjaar, want verlede jaar het sestien van die 26 misdaadkategorieë stygings getoon. Dit sluit moord, kaping en huisroof in.

Die minister van Polisie, Nathi Nhleko maak vandag die jongste … Lees verder

Twee jong Franse op Madagaskar vermoor

Dit is die tweede moordaanslag op wit Franse besoekers sedert die begin van die jaar in Madagaskar.

Die vorige moord was in die middel van Februarie, toe ‘n voormalige Franse matroos, Sylvain Thorin en sy vrou, Marinette, doodgeskiet is deur … Lees verder

Etniese geweld teister Ethiopië

Oproer in Ethiopië het in November 2015 in die Oromia-streek begin wat die hoofstad omring. Planne van die regering om die grense van Addis Abeba, die setel van die Afrika-Unie uit te brei, het aanleiding tot die openbare uitbarstings gegee.… Lees verder

Ergste opstand sedert einde van Apartheid duur voort

Die Verkiesingskommissie het die politieke geweld in dele van die land in die aanloop tot die munisipale verkiesing op 3 Augustus, veroordeel.

Die voorsitter van die kommissie, Glen Mashinini sê die verkiesing kan nie as vry en regverdig verklaar word … Lees verder

Duisternis oor dele van Pretoria nadat oproeriges Eskom verjaag

Eskom het Dinsdagaand gesê dat ‘n hoogspanningstransformator by Mapopane-Oos se elektrisiteit-substasie omstreeks 18:00 onklaar geraak het, wat dele van Pretoria in duisternis gelaat het.

Pretoria gaan tans gebuk onder die grootste enkele vlaag van geweld sedert die ANC aan bewind … Lees verder

Etniese geweld by Garsfontein eis drie

Drie swartes is dood ná etniese geweld Sondagmiddag tussen twee groepe in die ooste van Pretoria uitgebreek het.

Kapt Colette Weilbach het gesê die moeilikheid het omstreeks Plastic View in Garsfontein uitgebreek tussen Basotho’s en Zimbabwiese burgers.

“Daar word beweer … Lees verder

Etniese geweld in Limpopo sal OVK-regsitrasie ontwrig

Twee voertuie insluitende ‘n polisievoertuig is Donderdagaand beskadig toe inwoners van Vuwani in Limpopo paaie probeer versper het.

Die polisie se Openbare Orde-eenheid, met gepantserde voertuie is in die gebied ontplooi en het daarin geslaag om die situasie te ontlont, … Lees verder

Etniese geweld woed in Burundi

Byna 90 mense is Vrydag dood in geweldpleging in Burundi se hoofstad, in die hewigste gevegte sedert Mei wat op ’n mislukte staatsgreep gevolg het, het Reuters berig.

Ontploffings en geweervuur is Vrydag deurlopend in en om Bujumbura gehoor. Inwoners … Lees verder

Vrou in heup geskiet in aanval by Brits

Vier swart verdagtes is steeds op vrye voet nadat hulle Donderdagaand ‘n vrou in ‘n aanval op ‘n kleinhoewe by Buffelsfontein naby Mooinooi in die Brits-gebied in die heup geskiet het

Noordwes-polisiewoordvoerder, Kealeboga Molale, sê die rowers het vermoedelik oor … Lees verder

Etniese geweld vlam weer op in Limpopo

Etniese konflik het weer kop uitgesteek in Limpopo. Die pad tussen Thohoyandou en Louis Trichardt in Limpopo is steeds gesluit weens ‘n gewelddadige betoging deur inwoners van dorpe in die Vuwani-gebied.

Inwoners versper die paaie na Thohoyandou, Vuwani en Malamulele … Lees verder

Rusland, China sê VN moet uit Burundi bly

Betogers in die hoofstad, Bujumbura,­ betoog steeds teen pres. Pierre Nkurunziza­ van Burundi se aankondiging om homself vir ’n derde termyn as staatshoof verkiesbaa­r te stel.

Die betogings duur voort ondanks die feit dat veiligheidsmagte­ versperrings afgebree­k het wat die … Lees verder