Eskom gaan wanbetalers se krag afsny

Die Pretoriase Hooggeregshof het AfriForum se aansoek om te verhoed dat Eskom kragvoorsiening aan munisipaliteite weens wanbetaling afsny, met kostes van die hand gewys. Regter Hans Fabricius het beslis dat munisipaliteite verantwoordbaar gehou moet word.

Dit is meestal munisipaliteite in … Lees verder

Namibië oorweeg tolhekke

Tolhekke sal die Namibiese padnetwerk in stand hou, het die Namibiese president, dr. Hage Geingob, verklaar, maar erken dat sy landgenote daarteen gekant is.

“Ek kan nie verstaan waarom Namibiërs teen tolhekke gekant is nie,” het die president bygevoeg tydens … Lees verder

Swart jolytmakers vertrap mekaar na skok

‘n Routydperk van drie dae is in Haïti, die oudste swart republiek, aangekondig nadat jolyt in ‘n nagmerrie ontaard het.

Minstens 16 mense het Dinsdag in Port-au-Prince, die hoofstad van Haiti, omgekom toe ’n man tydens die jaarlikse karnaval bo-op … Lees verder

Vrese dat hospitale, lughawens sonder krag sit

Suid-Afrikaners staal hulself vir landwye kragonderbrekings.

Die uitvoerende hoof van Eskom, Tshediso Matona, het egter vrese oor beurtkrag by lughawens en hospitale probeer besweer.

Hy het gesê sulke sleutelinstellings sal nie by die kragvoorsiener se voorgestelde beurtkragskedule ingesluit word nie.… Lees verder

Odendaalsrus sonder krag

koperSekere dele van Odendaalsrus in die Vrystaat is sonder elektrisiteit nadat vier substasies gister onder koperdiewe deurgeloop het.

Die Mathjhabeng-munisipaliteit sê daar is sedert die begin van die week meer as R2,5 miljoen se koper by substasies gesteel, het RSG … Lees verder