Polisie in Masedonië keer massastormloop van migrante

Meer as 300 immigrante is vir beserings behandel nadat die polisie traangas, skokgranate en rubberkoeëls ingespan het om oproerige indringers terug te dryf van ‘n grensdraad.

Die mediese hulporganisasie Dokters Sonder Grense (MSF) het bevestig dat meer as driehonderd migrante … Lees verder

Nog ‘n MSF-hospitaal in aanval verwoes

’n Hospitaal van Dokters sonder Grense (MSF) in Jemen is vandeesweek in ’n missielaanval verwoes.

Die Saoedi-beheerde koa­lisie ontken verantwoordelikheid vir dié voorval.

Mego Terzian, voorsitter van MSF, het in Parys, Frankryk gesê hulle sal nie meer dokters na gevaarlike … Lees verder

MSF vra onafhanklike ondersoek na Amerikaanse bomaanval

Die hulpagentskap, Dokters Sonder Grense, MSF, het ‘n ondersoek deur ‘n onafhanklike instansie gevra oor die Amerikaanse bomaanval op sy hospitaal in die Afghaanse stad, Koendoez.

Die MSF sê hy vertrou nie die interne Amerikaanse militêre ondersoeke na die bomaanval … Lees verder

Amerikaanse lugaanval op hospitaal skerp veroordeel deur VN

Die Verenigde Nasies (VN) het ’n aanval op ’n hospitaal van die organisasie Médecins Sans Frontières (MSF), beter bekend as Dokters Sonder Grense, in Koendoez in Afganistan skerp veroordeel.

Die hoof van die VN se humanitêre sending, Zeid Ra’ad Al … Lees verder

Australië stuur nie dokters na ebola-gebied nie

Die Australiese regering sal nie dokters na Wes-Afrika stuur om hulp met die ebola-epidemie te verleen nie.

Die organisasie Dokters Sonder Grense en die Australiese opposisieparty het versoek dat die regering ‘n mediese span stuur om die nypende tekort aan … Lees verder

MSF waarsku dat Ebola-reaksie chaoties is

Die Franse mediese hulporganisasie, Dokters Sonder Grense (MSF) het gewaarsku dat die internasionale reaksie op die ebola-uitbreking in Wes-Afrika chaoties en totaal onvoldoende is, het RSG berig.

MSF sê dit is onaanvaarbaar dat ernstige besprekings oor internasionale samewerking eers vyf … Lees verder

Dokters Sonder Grense in SAR aangeval, drie gedood

msfMSF, oftewel Dokters Sonder Grense, se hoof Stefano Argenziano sê sy organisasie sal hul teenwoordigheid in die Sentraal-Afrikaanse Republiek heroorweeg nadat drie van hul personeellede doodgemaak is.

Argenziano het gepraat na aanleiding van die aanval in Boguila waarin minstens 22 … Lees verder