Korrupte voormalige minister onttrek van ANC-lys

Die voormalige minister van kommunikasie, Dina Pule, het die ANC se benoeming vir die party se parlementêre kandidatelys van die hand gewys.

“Ek het lank nagedink oor wat ek met die res van my lewe moet doen en alhoewel ek … Lees verder

Verslag wys SABC korrupte nes

Politieke inmenging, wanadministrasie, suiweringsveldtogte teen personeel, baantjies vir boeties en selfverryking is algemeen by die SABC. Die Raad doen niks daaraan nie en in sommige gevalle neem hulle selfs deel.

Die korporasie se waarnemende hoofbestuurder, Hlaudi Motsoeneng het nie net … Lees verder

Pule kos belastingbetaler al oor ‘n miljoen aan regskoste

Dina Pule se opvolger, Yunus Carrim, het onthul dat die voormalige minister van kommunikasie se regskoste die belastingbetaler reeds R1,2 miljoen uit die sak gejaag het.

Carrim het in die parlement gesê dat die regskoste tot dusver R1 187 148,82 Lees verder

Turok hou vol dat doodsdreigemente ernstig is

Professor Ben Turok, voorsitter van die parlementêre etiekkomitee, het volgehou dat doodsdreigemente teenoor hom ernstig opgeneem moet word.

Die komitee het bevind dat Dina Pule, minister van kommunikasie, haar skuldig aan opsetlike leuens aan die parlement gemaak het het tov … Lees verder

Wit ANC-lid ontvang doodsdreigemente oor Pule se skuldigbevinding

Die voorsitter van die parlement se etiekkomitee en verbete wit ANC-lid, Ben Turok het doodsdreigemente ontvang, ná die komitee die voormalige minister van Kommunikasie, Dina Pule daaraan skuldig bevind het aan oortredings van parlementêre reëls.

Pule het doelbewus leuens aan … Lees verder

ANC herontplooi dislojale, korrupte kaders

dinapuleDie ANC het regeringslui wat hul poste weens vrae oor korrupsie en lojaliteit jeens pres. Zuma verloor het, is herontplooi.

Die voormalige ministers in die kabinet, Dina Pule en Tokyo Sexwale asook die voormalige premier van Limpopo, Cassel Mathale, dien … Lees verder