Oproeriges by Krugersdorp steek huis aan die brand

Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting nadat oproeriges van die Princess-plakkerskamp in Roodepoort, Dinsdagaand ‘n huis aan die brand gesteek het.

Tydens oproer en onluste, wat RSG beskryf as ‘n “diensleweringsbetoging”, is verbygaande voertuie en motoriste ook met klippe … Lees verder

Eskom skakel ses munisipaliteite se ligte af

Ses munisipaliteite in Noordwes en die Noord-Kaap staar van môre af daaglikse kragonderbrekings in die gesig indien hulle nie betalingsooreenkomste met Eskom aangaan nie.

Die munisipaliteite skuld Eskom miljarde rande.

In Noordwes sal daar van môre af kragonderbrekings in die … Lees verder

Oproeriges in Riverlea Johannesburg gooi klip

Toegangsroetes na Riverlea in Johannesburg is gesluit na oproer wat glo oor elektrisiteitvoorsiening en behuising voorkom.

Mainreef- en Commandoweg in Riverlea is na openbare geweld gesluit en ‘n uitgebreide polisieteenwoordigheid is in die ontplooi.

Oproeriges bestook motoriste met klippe en … Lees verder

Waterpype lek en geld vloei

Waterlekkasies in pype, nog voor dit gemeenskappe se krane bereik, sal as prioriteit vir die regering beskou word.

Mlimandlela Ndamase, woordvoerder van die minister van Water en Sanitasie, Novula Mokonyane, sê ‘n interne ministeriële komitee vir droogte beskou dit as … Lees verder

Polisie skiet een dood in oproer by Waterval Boven

Die polisie het bevestig dat ‘n 21-jarige man gister oppad hospitaal toe dood is nadat die polisie skote afgevuur het om ‘n groep gewelddadige betogers uiteen te jaag.

Oproeriges het strate versper in Waterval Boven en Umgwenya in Mpumalanga nadat … Lees verder

Motoriste aangeraai om Stinkwater te vermy

Motoriste is aangeraai om Stinkwater noord van Pretoria, te vermy nadat oproeriges paaie versper het.

Die oproermakers het die Molefe Makintapad met klippe en ander rommel besaai.

Die ontevredenes het gesê hulle het verskeie kere reeds oor watertekorte en swak … Lees verder

Nege vas na geweld by Zeerust

Nege oproeriges is in Zeerust in Noordwes weens openbare geweld in hegtenis geneem.

Eiendom by die Ramotshere Moiloa-munisipaliteit is tydens die geweldpleging beskadig.

Die polisie sê die werkers is byeengeroep vir ‘n vergadering deur die voormalige burgemeester, Afrika Thale. Thale … Lees verder

Gewelddadige lokasieprotes deur wit ANC-lede ondersteun

Die polisie oorweeg tans of die Masiphumelele-lokasie te gevaarlik vir hulle is om ‘n satelliet-polisiekantoor daar te vestig.

Adjunk-minister van polisie Maggie Sotyu het Masiphumelele se inwoners in September belowe dat ‘n mobiele polisiestasie opgerig sal word totdat grond vir … Lees verder

Onderhoud wat sloer veroorsaak waterprobleme in Kestell

Die Maluti a Phofung-munisipaliteit in die Oos-Vrystaat, soos talle ander munisipaliteite, gaan gebuk onder droogte, maar onderhoud wat sloer, veroorsaak groot ongerief vir gebruikers.

Die waterprobleme in die gebied duur al maande lank.

Die gebied, wat die dorpe Kestell, Qwaqwa … Lees verder

E-tol-dreigemente is afpersing sê regskenners

Die Suid-Afrikaanse munisipale werkersvakbond- SAMWU- het ook die gewysigde Gautengse e-tol plan verwerp en gesê die stelsel kom steeds neer op die privatisering van die land se paaie.

Die vakbond sê die dreigement om voertuiglisensies te weier as tolgeld agterstallig … Lees verder

Oproeriges brand skole, beskadig 50 voertuie

Spanning in Alberton het daartoe gelei dat die Ekurhuleni Metropolisie op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas is.

‘n Metropolisiewoordvoerder, Wilfred Kgasago, sê dit is nog nie duidelik waaroor die oproer handel nie, maar hy sê staatsgeboue word geteiken.

Gewelddadige oproer in … Lees verder

Brandstigting, plundery vir dienste sonder belastinglas

Oproerige inwoners van Letlhabile en Jericho naby Brits in Noordwes het hulself tot brandstigting en plundery gewend vir dienste.

Die oproeriges, wat min of geen belasting betaal nie, dreig om vol te hou met openbare geweld totdat hulle van skoon … Lees verder

Welgedaan, Jaap Kelder!

Jaap Kelder is die voorsitter van die Nasionale Belastingbetalers-Unie. Hulle is die mense wat belastingboikotte reël wanneer die ANC-beheerde stadsrade voorspelbaar en onafwendbaar in duie stort; wanneer Jonas en Sipho, die ANC raadslede, eerder vir hulself S-klas-Mercedesse koop as om … Lees verder