Denel ontken Gupta-oorname na tenderbesluit

Denel het Donderdag bewerings ontken dat die maatskappy deur die Gupta-familie oorgeneem is om ‘n R1-miljard kontrak aan VR Laser ipv LMT Holdings te gee.

LMT Holdings het die transaksie as ongeoorloof bestempel en hulle tot die hooggeregshof gewend.

“Denel … Lees verder

Zuma neem opening van wapenfabriek in Saoedi-Arabië waar

Die webblad, World Defense het foto’s gepubliseer wat na bewering wys waar President Zuma optree by die opening van `n wapenfabriek in Saoedi-Arabië.

Die presidensie wou tot dusver nie bevestig dat Zuma betrokke was nie, het RSG berig.

`n Foto … Lees verder

Mantashe maan ANC om saam te staan na Gupta-skandaal

Die Sekretaris-Generaal van die ANC, Gwede Mantashe, het ‘n beroep op die drieparty-alliansie gedoen om saam te staan om die Gupta-skandaal die hoof te bied.

Mantashe het Woensdag op ‘n provinsiale beraad van die alliansie in Kimberley gepraat. Hy het … Lees verder

Polisie ontplooi teen oproeriges in Gauteng, Kaapstad

Twee oproermakers is by Cosmo City by Randburg in Gauteng in hegtenis geneem ná ‘n gewelddadige betoging in die gebied, het RSG berig.

Die betoging het gevolg ná die balju in die gebied aangekom het om gesinne uit huise se … Lees verder

Vrese oor grootskaalse grondbesetting in Kaapstad

Die wapenmaatskappy Denel het ‘n dringende interdik bekom teen verdere onwettige besettings van sy grond in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte.

Plakkers sê egter hulle sal bly omdat hulle nêrens anders het om te gaan nie.

Die EFF het die … Lees verder

Denel kry multimiljardrandkontrak vir Badger-pantser

‘n Multimiljardrandse kontrak is deur Krygkor aan die wapenvervaardiger Denel toegeken vir die bou van 200 gepantserde militêre voertuie.

Dit sal die Ratel vervang wat nou al 30 jaar oud is. Die weermag het nie soos die vloot en lugmag … Lees verder