Cosatu vra internasionale steun vir gratis onderwys

Die linkse vakbond Cosatu het intussen ‘n beroep gedoen om internasionale steun vir die protesoptrede van Suid-Afrikaanse studente wat gratis onderwys eis.

Die SABC berig die president van Cosatu, Sdumo Dlamini, het die versoek by die vergadering van die Wêreldfederasie … Lees verder

Cosatu trek ‘n Vrystaatse Penny Sparrow

Drie studente van die Universiteit van die Vrystaat staar dissiplinêre optrede in die gesig nadat hulle water in die gesig van ‘n sekuriteitswag by een van hekke van die instelling gespuit het.

Volgens UV-woordvoerder, Lacea Loader, universiteitswoordvoerder is ‘n klagte … Lees verder

Godsdiensleiers, Cosatu skaar hulle by Zuma

Van die godsdiensleiers van verskillende gelowe het hulle by president Jacob Zuma geskaar.

Lede van die Nasionale Intergeloofsraad van Suid-Afrika wat onder meer Christene, Moslems, Hindoes, Rastafariërs en die Afrika Onafhanklike Kerke insluit, het die President se verskoning ná die … Lees verder

Swart werkers dood in rioolsuiweringswerke

Drie werkers is in Delareyville in Noordwes dood nadat hulle chemikalieë ingeasem het terwyl hulle by die rioolwatersuiweringswerke aan diens was.

Volgens Cosatu het ‘n subkontrakteur hulle toegelaat om sonder beskermende klere te werk, het RSG berig.

Die munisipale werkersvakbond, … Lees verder

Cosatu sê regering moet ophou inmeng in pensioene

Die president van Cosatu, S’dumo Dlamini het die regering gewaarsku om nie in te meng in die bestuur van staatsdiens-pensioenfondse nie, het RSG berig.

Hy het by die opening van die vakbondfederasie se twaalfde nasionale kongres in Midrand gesê, dreigemente … Lees verder

‘Vavi en Malema wil regering omver werp’

Cosatu se voormalige sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi en EFF-leier Julius Malema smee glo planne om die regering omver te werp, het Noordwes-premier Supra Mahumapelo Sondag gesê.

“Hulle is besig om mense rondom hulle saam te trek, hulle wil mense aanhits om … Lees verder

Cosatu sê wittes laat Springbokke verloor

Cosatu in die Wes-Kaap sê die swak prestasie van die nasionale rugbyspan die afgelope naweek, is omdat daar nie genoeg swart spelers in die span was nie.

Die vakbondfederasie sê daar is ‘n praktyk van “omgekeerde regstellende aksie” in rugby. … Lees verder

Cosatu vaar uit teen ‘wit rugbymafia’

Die vakbondfederasie, Cosatu het uitgevaar teen die Bokafrigter, Heineke Meyer se spankeuse vir Saterdag se wedstryd teen die All Blacks.

Die provinsiale sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, Tony Ehrenreich sê swart spelers wat in kontak met Cosatu is, sê … Lees verder

Kommer dat Cosatu-kongres tot geweld sal lei

Die president van Cosatu, Sidumo Dlamini het ‘n beroep op afgevaardigdes by die Spesiale Nasionale Kongres in Midrand gedoen onopgeloste kwessies met omsigtigheid te benader.

Die tweedaagse kongres het laat Maandagaand verdaag nadat die netelige kwessies van akkreditasie en die … Lees verder

Cosatu teken staatloonooreenkoms

Staatsdiensvakbonde wat by Cosatu geaffilieer is en wat 52% van die Staatsdiens se werkers verteenwoordig, het in die vroeë oggendure ‘n nuwe drie jaar salarisooreenkoms onderteken.

Daar is ooreengekom op ‘n verhoging van sewe persent wat aanvanklik deur die regering … Lees verder

Vavi voorspel nuwe vakbondfederasie vir SA

Die voormalige hoofsekretaris van Cosatu, Zwelenzima Vavi het ‘n nuwe vakbondfederasie vir Suid-Afrika voorspel.

Cosatu het die hofbeslissing verwelkom dat die metaalwerkersvakbond, Numsa nie aan die federasie se spesiale nasionale kongres aanstaande maand kan deelneem nie.

Vavi het met die … Lees verder

Staat en vakbonde kom ooreen oor verhogings

Staatsdiensvakbonde en die regering het ‘n ooreenkoms bereik om salarisse met sewe persent te verhoog.

Reuters berig dat die ooreenkoms ‘n staking deur sowat 1,3 miljoen staatsamptenare afgeweer het.

Vakbonde wat by Cosatu ingelyf is, het aanvanklik ‘n verhoging van … Lees verder

MK dreig Vavi met dood

‘n Lid van Umkhonto we Sizwe Militêre veterane in Limpopo dreig om die geskorste Cosatu-sekretaris generaal Zwelinzima Vavi te vermoor, het Nuus24 berig.

Ondervoorsitter van die veterane-organisasie, Jack Lulamile, het aan vakbondverteenwoordigers gesê hulle moet vir Vavi sê Lulamile Jack, … Lees verder

Sluipmoord ruk vakbondwese

Die Vervoerwerkersvakbond – Satawu – vermoed dat die skietdood van sy Gautengse sekretaris, Chris Nkosi, gisteraand, ‘n sluipmoordaanval was.

Nkosi, wat van die vakbond se kantore onderweg was huis toe, is by ‘n verkeerslig in Germiston aan die Oosrand doodgeskiet. … Lees verder