Hani-moord weer opgerakel

‘n Boek deur politieke kommentator RW Johnson het destyds omstredenheid oor die sluipmoord op Chris Hani en die beweerde rol van Thabo Mbeki asook die voormalige minister van verdediging Joe Modise, veroorsaak.

Tydens die SAKP se 2007-kongres het die nuutverkose … Lees verder

‘Dis verskriklik’: Gaye Derby-Lewis oor Clive se dood

Die politikus Clive Derby-Lewis wat deur die WVK amnestie geweier is vir sy aandeel in die sluipmoord op Chris Hani, is vroeër vandag in die Eugène Marais-hospitaal oorlede. Mev. Gaye Derby-Lewis het sy dood as “verskriklik” en “onverwags” beskryf.

Mnr. … Lees verder

Walus se saak sloer

Die registrateur van die Appèlhof sê dit is onwaarskynlik dat die ministerie van Justisie se appèl teen die toestaan van parool aan Janusz Walus, voor aanstaande jaar aangehoor sal kan word.

Paul Myburgh sê die hofproses sal nou die uitruil … Lees verder

Janusz Walus vrygelaat

Janusz Walus sal op parool vrygelaat word. Sy prokureur, Roelof du Plessis, het Donderdagoggend die Poolse immigrant se vrylating bevestig.

Walus het die leier van die Kommuniste, Hani in sy oprit in Boksburg in April 1993 doodgeskiet.

Die SAKP was … Lees verder

Clive Derby-Lewis gemuilband deur paroolvoorwaardes

Die lewenslange politieke gevangene en voormalige KP-parlementslid, Clive Derby-Lewis, is vir alle praktiese doeleindes die swye opgelê deur die strengste paroolvoorwaardes wat enige oudgevangene in die land nóg ontvang het. Die paroolvoorwaardes is so streng dat ‘n biografie oor die … Lees verder

Clive-Derby Lewis kry mediese parool na 21 jaar in gevangenis

Mnr. Clive-Derby Lewis, ‘n vorige Suid-Afrikaanse parlementslid wat die Konserwatiewe Party verteenwoordig het, is vandag deur die Pretoriase Hooggeregshof meegedeel dat hy vir mediese parool kwalifiseer. Tot dusver het die ANC-bewind, asook verskeie ministers van korrektiewe dienste, volstrek geweier dat … Lees verder

Uitspraak oor Derby-Lewis vandag verwag

Die Hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting vandag bepaal of die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha, ‘n fout gemaak het deur Clive Derby-Lewis se paroolaansoek te weier.

Maandag het Derby-Lewis ‘n aansoek ingedien om Masutha se besluit … Lees verder

Regter sal Vrydag oor Derby-Lewis besluit na staat se absurde argumente

Die Staat is blykbaar vasberade om Clive Derby-Lewis se aansoek om mediese parool in ‘n groter klug te laat ontaard met hul regspan se argumente wat toenemend neig na die absurde.

Die hooggeregshof in Pretoria sal Vrydag beslis of Clive … Lees verder

Minister koggel wittes oor Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis se aansoek om mediese parool sal Maandag as ‘n spesiale mosie in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.

Sy regsverteenwoordiger, Julian Knight, het gesê die mosie sal deur regter Selby Baqwa aangehoor word.

Derby-Lewis dien lewenslange tronkstraf uit … Lees verder

Minister ontken dat hy Shaik-paroolaansoek ontvang het

Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, sê hy het nie persoonlik ‘n aansoek ontvang van die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik om sy mediese parool te verander na gewone parool nie.

Die Ministerie het egter bevestig dat die aansoek is … Lees verder

Derby-Lewis wend hom tot De Kock se regsverteenwoordiger

Clive Derby-Lewis se vrou, Gaye, het aangekondig dat Julian Knight, wat vroeër die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock verteenwoordig het, voortaan as haar man se regsverteenwoordiger sal optree.

Derby-Lewis het Dinsdag bewerings ontken dat hy sy vorige prokureur Marius Coertze … Lees verder

Eugene de Kock kry parool, CDL sit

Voormalige Vlakplaas bevelvoerder Eugene de Kock sal op parool vrygelaat word, het die minister van justisie, Michael Masutha Vrydag gesê.

Die voormalige polisiekolonel, ook bekend as “Prime Evil” is deur die ANC geloof toe hy ander oud-lede daarvan beskuldig het … Lees verder

CDL hoor vandag oor sy parool-aansoek

Die politieke gevangene, Clive Derby-Lewis, se regsverteenwoordiger sal na verwagting vanoggend in Pretoria ‘n aankondiging doen oor sy aansoek om mediese parool.

Die onskuldige slagoffer van die moordaanslag deur ‘n Pool, Janusz Walus op die SAKP-leier, Chris Hani, is die … Lees verder

Gaye Derby-Lewis waarsku SAKP oor samesweringsteorie

Clive Derby-Lewis se vrou, Gaye, het die SAKP en Chris Hani se weduwee gewaarsku teen bewerings van ‘n wyer sameswering oor Hani se moord in ‘n ope brief aan die party.

Die SAKP en Limpho Hani sal na verwagting op … Lees verder