Trump onttrek uit ‘onbillike’ Parys-klimaatooreenkoms

Amerikaanse senator Rand Paul het die Parys-klimaatooreenkoms Donderdag gekritiseer omdat dit onbillik is nadat president Donald Trump sy belofte om uit die Parys-klimaatooreenkoms te onttrek, nagekom het.

Paul het aan sy CNN-gasheer gesê dat Trump reg is om uit die … Lees verder

Miljoene rande se perlemoen gevind

Dit lyk asof Chinese seekosstropers steeds voortgaan met hul misdadige bedrywighede, waarskynlik met die hulp van die plaaslike bevolking.

Tien mense wat tydens klopjagte in en om Kaapstad in hegtenis geneem is vir die besit van gedroogde perlemoen ter waarde … Lees verder

Nuwe OB wys op Madonsela se misbruik van staatsfondse

Die Openbare Beskermer, Busi Mkhwebane, sê haar voorganger het ‘n duur ampsmotor bly gebruik ten spyte daarvan dat haar termyn verstryk het.

Die OB sê geld moes van Thuli Madonsela afgetrek word vir ‘n duur BMWX6 asook skade aan die … Lees verder

Trump se verhouding met Rusland stuur skuddings deur VN

President Donald Trump se goeie verhouding met Rusland het gesorg vir skuddings in die Verenigde Nasies, want Amerikaanse bondgenote is bekommerd dat ‘n vennootskap tussen Washington en Moskou ‘n historiese magsbalans wat dateer uit die Koue Oorlog, kan ondermyn.

Die … Lees verder

DA en ANC takel mekaar oor Taiwan

Die DA en ANC het mekaar oor en weer beskuldig nadat die ANC het ‘n oproep gedoen het om beslaglegging op amptelike en diplomatieke paspoorte van DA amptenare wat doelbewus Suid-Afrika se buitelandse beleid ondermyn.

Die regerende party het die … Lees verder

SA en China verdiep samewerking

Suid-Afrika en China sal nog handels-en beleggingsooreenkomste onderteken wat hulle grondslag het in die Suid-Afrika-China Binasionale Kommissie-vennootskap tussen die twee lande, het RSG berig.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het die inligting aan die media onthul in sy openingstoespraak met die ontvangs … Lees verder

Franse moeilikheid in Mali hou nie op nie

‘n Vredebewaarder van Togo en twee Malinese burgerlikes is dood in ‘n aanval op ‘n militêre konvooi in Mali, ná ‘n bloedige week vir buitelandse magte wat in die land gestasioneer is, het die Verenigde Nasies (VN) in ‘n verklaring … Lees verder

Grondwetlike krisis dreig in Hongkong

Dosyne pro-Beijing wetgewers het dié week uit Hongkong se wetgewende raad gestap om die inswering van twee pro-onafhanklikheid aktiviste te verhinder. Dit lê die grondslag vir ‘n grondwetlike krisis in die Chinees-­beheerde stad.

Die onafhanklikheidsonderwerp is lank reeds taboe in … Lees verder

China lanseer bemande tuig

China het gister twee ruimtevaarders in die Sjenzhou-11 ruimtetuig op ‘n sending na die land se wentelende laboratorium gelanseer. China werk nou daaraan om sy eie ruimtestasie tot stand te bring.

Die ruimtetuig is vanaf die Jiuquan satellietlanseersentrum in die … Lees verder

Anti-Chinese wetgewers maak amok by inswering

Die insweringsplegtigheid wat Hongkong se wetgewende sessie afgeskop het, het Woensdag in ’n klug ontaard toe pasverkose “pro-demokrasie” wetgewers met opset die ampseed verdraai het, in ’n teken van protes teen Beijing.

Hulle het ook baniere vertoon waarop geskryf is … Lees verder

Thailand deporteer Hongkong-aktivis

Die Hongkong-aktivis vir “demokrasie”, Joshua Wong, het Woensdag na Hongkong teruggekeer nadat hy deur die junta-beheerde Thailand gedeporteer is.

Hy sou in Thailand deelgeneem het aan betoging om die “massamoord van studente-aktiviste te herdenk”.

Hy en sy ondersteuners gee egter … Lees verder

Bob wil blykbaar sonder VN-voedselkruk

President Robert Mugabe van die bankrot mishoop wat bekend staan as Zimbabwe het na berig word, gesê Afrika is gereed om hom aan die Verenigde Nasies (VN) te onttrek.

Hy het dié ultimatum gerig as daar nie aan sy eis … Lees verder

Amerikaanse bomwerpers oor Suid-Korea in magsvertoon

Twee groot Amerikaanse strategiese bomwerpers (foto) het Maandag oor Suid-Korea gevlieg as magsvertoon teen Noord-Korea wat onlangs die vyfde en grootste kerntoets ooit uitgevoer het.

Die supersoniese B-1B Lancers het die lugruim oor die VSA se Osan-lugbasis by Pyeongtaek, 64km … Lees verder

Britte vaar uit teen Chinese lugdiens se ‘rassisme’

‘n Britse Hindoe, Vivendra Sharma (foto) het uitgevaar teen die Chinese lugdiens Air China en hulle van “rassisme” beskuldig.

Air China het skynbaar hul passasiers gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle sekere gebiede in Engeland besoek waar etniese minderhede … Lees verder