Hamilton wen in ‘n papnat België

Lewis HamiltonDie Britse en voormalige wêreldkampioen Lewis Hamilton het ‘n papnat Spa ingepalm. Sy spanmaat en huidige kampioen Jensen Button het weens ‘n ongeluk met die Duitser Vetel sy kanse om die titel hierdie jaar weer te wen ‘n knou gegee.… Lees verder

Die naweek van die Bulle!

Mark WebberAs jy ‘n Bul-ondersteuner is, was die afgelope twee weke sekerlik van die aangenaamste weke van jou lewe. Plaaslik praat ons natuurlik van die Blou Bulle, maar in die res van die wêreld is dit die F1 Rooi Bulle wat … Lees verder

Red Bull storm voort in Spanje!

Die span van Red Bull Racing het die afgelope naweek voort gestorm ná nog ’n oorwinning op die F1-kalender. Ná vry oefening Saterdag het die twee Red Bulls van Sebastian Vettel en Mark Webber vir die soveelste keer in die … Lees verder

Button ry Albert Park aan die brand!

Dit was net enkele weke gelede dat die hele wêreld gekla het dat formule een baie eentonig en vervelig geword het.  Ná die wedren in Australië sing almal ’n nuwe deuntjie; dit was regtig opwindend en skouspelagtig. Fernando Alonso in … Lees verder

Ferrari maak dit een, twee in Bahrain!

AlonsoNá  ‘n nagmerrieseisoen in 2009 het Ferrari die nuwe seisoen met ’n baie indrukwekkende eerste en tweede plek begin.  Die dubbele wêreldkampioen van Spanje, Fernando Alonso, het voor sy spanmaat Felipe Massa en Lewis Hamilton in sy McLaren oor die … Lees verder

Nog is dit het einde niet!

José Maria LopezEen van die nuwe spanne in die 2010 F1-kampioenskap, US F1 se bestuurder Jose Maria Lopez, het onttrek van die span en is nou glo die rugsteunbestuurder vir die Campos-span. Campos wat ook sy naam gaan verander na  Hispania Racing … Lees verder

Wie is wie in die 2010 F1-seisoen

Die 2010 Formule-eenseisoen begin die 12de Maart met die Bahrainse Grand Prix. Hieronder volg ‘n volledige kalender van wanneer en waar die 2010-seisoen gaan af loop.  Hier is ook ‘n opsomming van wie jaag nou vir watter span.

12-14 Maart                        … Lees verder

Michael Schumacher kom uit die donker!

Michael Schumacher en die driepuntsterJa, al die stories dat Schummie weer gaan jaag, is toe bevestig. Die afgetrede wêreldkampioen van Duitsland het nie net vir groot kaartjieverkope by die toekomstige Duitse Grand Prix gesorg nie, maar ook veroorsaak dat van die mense by die … Lees verder

Button in ‘n Mclaren vir 2010?

Hamilton en ButtonDaar is sterk gerugte dat die nuwe wêreldkampioen van Brawn GP, Jensen Button, na Mclaren wil skuif. Button en Brawn gesels nog oor die groter salaris wat Button wil hê.

Soos die spreekwoord lui: “Waar daar ‘n rokie trek… Die … Lees verder

Toyota verlaat F1

Toyota, die wêreld se grootste motorvervaardiger, het vandag aangekondig dat hulle nie langer aan formule een gaan deelneem nie. Hulle onttrek hulle van die sport weens finansiële druk en volgens Akio Toyoda, die president van Toyota, sal hulle ook nie … Lees verder

Vettel is baas in Abu Dhabi

Die Duitser Sebastian Vettel het die F1-kampioenskap vir 2009 met glorie afgesluit toe hy die heel eerste dag/nag-formule-eenwedren in die geskiedenis gewen het.

Vettel het net voor sy Red Bull-spanmaat, die Australier Mark Webber, oor die wenstreep geblits om die … Lees verder

Barrichello by Williams?

Verskeie mediaberigte in Brasilië wil dit hê dat Rubens Barrichello van 2010 af vir Williams gaan jaag. Folha de S.Paulo, woordvoerder van Barrichello, het wel gesê dit is vir nou net 2010 met die opsie om 2011 ook in te … Lees verder

Suzuka behoort aan Vettel

Die 22-jarige Duitser het gister weer bewys dat hy moontlik een van die nuwegeslagsupersterre kan wees wat in die nabye toekoms groot name soos Ferrari of Brawn se teiken kan word. Vettel het van meet af aan voor gejaag en … Lees verder

Alonso loop na Ferrari oor

Die voormalige wêreldkampioen Fernando Alonso, wat die afgelope twee seisoene vir Renault gejaag het, het so pas ‘n kontrak met Ferrari geteken. Dit sal amptelik aanstaande Donderdag bekendgemaak word.

Die 28-jarige Spanjaard sal van 2010 af vir die rooi span … Lees verder