Petrolbomaanval op langafstandbus in Strand eis twee

Die waarnemende burgemeester van Kaapstad, Brett Heron het die aanval op ‘n Intercape-bus in die Strand waarin twee mense dood is, veroordeel.

Herron het beroep op inwoners gedoen om na vore te kom met inligting.

Die motief vir die aanval … Lees verder

Swart taxibestuurders steek busse in George aan die brand

Woedende swart taxibestuurders in Thembalethu in George in die Suid-Kaap het volgens die jongste berigte vyf Go George-busse na bewering aan die brand gesteek en nog een met klippe bestook.

Hulle is teen die implementering van dié openbare busdiens gekant, … Lees verder

Premier waarsku dat weermag in Mamelodi ontplooi kan word

Gauteng se premier, David Makhura, sê indien nodig sal die weermag in die geweldgeteisterde Mamelodi, oos van Pretoria, ontplooi word waar taxi-operateurs teen die nuwe busdiens in opstand gekom het.

Hy het op ‘n openbare vergadering aan inwoners gesê meer … Lees verder

Groot polisieteenwoordigheid in Mamelodi ontplooi

‘n Groot polisieteenwoordigheid is ontplooi in Mamelodi, oos van Pretoria teen voortslepende openbare geweld. Pendelaars het die wetstoepassers se teenwoordigheid verwelkom.

Geweld wat Woensdag uitgebreek het oor Putco se roetes wat deur die busdiens Autopax oorgeneem is, het duisende pendelaars … Lees verder

Busbestuurder geskiet in Mamaloditaxi-oproer

‘n Busbestuurder is volgens berigte raakgeskiet en drie passasiers is beseer toe skote vanoggend op twee busse gevuur is naby Mamelodi in Pretoria.

Nog passasiers is beseer deur gebreekte glas, het RSG berig. Berigte is ontvang van die skietery op … Lees verder

Groot polisieteenwoordigheid weens oproer oor Mamelodi-busdiens

Daar is ‘n groot polisieteenwoordigheid by die busdepot in Mamelodi in Pretoria na oproeriges ‘n nuwe busdiens onder klippe gesteek en bestorm het.

Minibus taxi-bestuurders is ontstoke oor die bekendstelling van die Autopax-busdiens in die gebied.

Drie busse is beskadig, … Lees verder

Gewapende aanval op Johannesburgse bus

‘n Metrobus-bestuurder is gewond na ‘n skietery op Ontdekkersweg in Newlands in Johannesburg.

‘n Onbekende aantal verdagtes het na bewering by die bus ingeklim en skote afgevuur.

‘n Woordvoerder van ER24, Werner Vermaak sê die busbestuurder is in ‘n ernstige … Lees verder